Middies boer met ‘n plan – agri

Tydens die Letaba Skou in Tzaneen het Hoërskool Middelburg se leerders puik presteer tydens die Jeugskou. Jennie Barwise het 'n silwer medalje vir vleisbokke verwerf en Stiaan Heyns 'n brons vir vleisbeeste. 'n Beesbeoordelingskursus is vroeër die maand deur die Simmentaler genootskap aangebied en die graad 11-landboubestuurleerders van Middies het dit bygewoon. Die kursus het …

Tydens die Letaba Skou in Tzaneen het Hoërskool Middelburg se leerders puik presteer tydens die Jeugskou. Jennie Barwise het 'n silwer medalje vir vleisbokke verwerf en Stiaan Heyns 'n brons vir vleisbeeste.

'n Beesbeoordelingskursus is vroeër die maand deur die Simmentaler genootskap aangebied en die graad 11-landboubestuurleerders van Middies het dit bygewoon.

Die kursus het oor twee dae gestrek, waar leerders die eerste dag teoretiese lesings ontvang het, asook praktiese demonstrasies op MHS se skoolplaas. Die tweede dag is bygewoon op mnr. Stephaans Botha se plaas naby Stoffberg. Hier moes leerders groepe beeste beoordeel en diereplasings met redes gee.

Al die leerlinge het die kursus geslaag en behaal altesaam nege A-simbole.

Leerders wat A-simbole verwerf het, was in die eerste plek Sune Smit, met 'n slaagsyfer van 80 %. Sy word gevolg deur Stiaan Heyns en die derde plek is gedeel deur drie leerders, Thinus Mey, Wihan van Schalkwyk en Chrisandra de Klerk.

Ander A-simbole is verwerf deur Luchelle Jonker, Johan Engelbrecht, Michael van Lingen en Bennie Mashabane.

• Die kwalifikasie kan leerders op hul CV plaas.

• Die kursusgangers spreek hul besondere dank uit aan mnr. Willie O'Brien wat 'n groot bydrae gelewer het om die dag moontlik te maak.

Back to top button