Terrein vir tuinvullis – agri

'n Vreemde muur het skielik opgespring langs Dennesig waar die nuwe behuisingprojek beplan word, en inwoners wonder wat daar aan die gang is. Die Observer het gaan ondersoek instel en goeie nuus wag op inwoners wat tuinvullis betref. Die munisipaliteit verwyder nie tuinvullis nie, inwoners moet dit self aanry stortingsterrein toe wat ver is vir …

'n Vreemde muur het skielik opgespring langs Dennesig waar die nuwe behuisingprojek beplan word, en inwoners wonder wat daar aan die gang is.

Die Observer het gaan ondersoek instel en goeie nuus wag op inwoners wat tuinvullis betref.

Die munisipaliteit verwyder nie tuinvullis nie, inwoners moet dit self aanry stortingsterrein toe wat ver is vir Noordelike inwoners van Kanonkop en Dennesig.

Die stortingsterrein sit ver Wes, neffens Mhluzi en dié afstand het daartoe gelei dat inwoners hul afval in die ontwikkelingsarea van die beplande behuisingsprojek gaan aflaai het.

Die munisipaliteit het besluit om 'n tussenstasie daar te vestig vir inwoners om hul tuinvullis weg te gooi.

Van hier sal die munisipaliteit dit dan aanry asgate toe.

“Die munisipaliteit tel op vasgestelde tye huisvullis op, maar tuinvullis nie,” sê mnr. Willie Fouché, munisipale bestuurder.

Hy sê die bou van die tussenstasie onderskryf die munisipaliteit se visie vir 'n skoon dorp.

• Inwoners wonder ook wat se kamp al 'n geruime tyd langs die rivier in Samora Machelstraat staangemaak is.

Die kamp is omhein met palissade en binne staan swaar masjinerie en boumateriaal.

Die kamp is opgerig vir die kontrakteurs wat in OR Tambostraat aan die werk is, is aan die Observer bevestig.

Back to top button