Lifestyle

Wenke vir ’n sensitiewe vel

Mense met 'n sensitiewe vel mag dalk sukkel om hul velsorgroetine perfek te kry. Volg hierdie wenke vir 'n gesonde vel.

 

Ons TOP VYF wenke vir ’n sensitiewe vel

1. Gaan die bestanddele na
Vermy produkte met bestanddele wat moontlik jou vel kan irriteer, soos parfuum, kleurmiddels, eukaliptus, kamfer, kaneel, sitrus, laventel, peperment, natrium C14-16-olefien-sulfaat, natriumlaurylsulfaat en TEA-laurylsulfaat.

2. Toets voor gebruik
Toets altyd eers ’n nuwe produk op ’n onopsigtelike plek op jou vel, soos agter jou oor. Wag 24 uur en as daar tekens van rooiheid of irritasie is, vermy die produk. As jy ’n baie sensitiewe vel het, behoort jy ook die produk op die sagte vel langs die oog te toets.

3. Was minder en sagter
Te veel was droog jou vel uit. Probeer om jou gesig slegs soggens en saans te was en nie meer as een keer per dag te stort of te bad nie. Kies bevogtigende gesig- en lyfreinigers wat vir sensitiewe velle geformuleer is.

4. Bevogtig baie
Die sperfunksie van sensitiewe velle is gewoonlik beskadig. Dié funksie voorkom dat vog ontsnap (en hou dus jou vel vogtig) en voorkom dat skadelike stowwe wat jou vel irriteer, binnedring. Die gereelde gebruik van vogroom versterk jou sperfunksie.

5. Minder is beter
Minder bestanddele én minder produkte. Hoe minder bestanddele jou velsorgprodukte bevat, hoe kleiner is die kanse dat jy vir een van die bestanddele allergies kan wees. Hou jou velsorgprogram eenvoudig sodat jy maklik kan vasstel watter produk die reaksie veroorsaak het.

 

Die artikel Wenke vir ’n sensitiewe vel het eerste in Rooi Rose verskyn.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button