Dubbele moord in Limpopo: Voormalige werknemer in Gauteng vasgetrek

Na 'n uitgebreide soektog is 'n man in hegtenis na die grumoorde van twee bejaardes by die Eggo-grotte.

Die man agter die grumoorde op Anneke Claassen (76) en jarelange vriend, Hendrik Claassen (78), is na bewering ’n voormalige werknemer.

Die man is glo agt maande gelede by die Eggo-grotte en hotel, wat aan Anneke se familie behoort, in die pad gesteek.

Die bekende teenmisdaadspan van Bosveld Misdaadondersoeke – onder leiding van oudkolonel Sakkie Louwrens – is by die ondersoek betrek.

Louwrens en sy span het omstreeks middernag dié man in Thembisa, noord van Kemptonpark in Gauteng, in hegtenis geneem.

Die brandende liggame van die Claassens is 3 Junie tussen 13:00 en 14:00 buite Ohrigstad ontdek. Hulle liggame is in aparte huise op die plaas Klipfonteinhoek gevind.

Hendrik is lewend uit die huis gehaal, maar het kort daarna beswyk. Anneke was reeds dood toe sy gevind is.

Die Limpopo-polsiie het bevestig dat beide slagoffers in hulle onderskeie huise gemartel is voordat hulle aan die brand gesteek is. Tydskrifte en komberse is op hul liggame gepak om as verbrandingsagent te dien.

Anneke is daardie Saterdag omstreeks 13:00 vir die laaste keer lewend gesien toe sy etes gaan afhaal het by die grotte se hotel.

‘n Plaaswerker het omstreeks 14:15 alarm gemaak toe hy ‘n verdagte met ‘n klapmus van Hennie se huis sien weghardloop het.

Die hotelbestuurder en werkers het terselfdertyd gemerk dat Hennie se huis aan die brand is. Daar was twee toergroepe ten tye van die aanval by die grotte. Een van die toergidse het aan die polisie bevestig dat hy ook die man met die klapmus sien weghardloop het.

‘n Uitgebreide polisie- en burgerlike soektog is toe van stapel gestuur.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button