RESENSIE: Kan ‘n saffier mens na jou herkoms lei?
In Lelies vir Louisa worstel sy met die groot vraag oor haar herkoms.
Lesers het Louisa in Rose vir Roselle leer ken as die ongehude moeder wat in sak en as onverwags op La Roseraie aankom.
Almal aanvaar haar onmiddellik as familie. In Lelies vir Louisa worstel sy met die groot vraag oor haar herkoms.
Sy is as ’n baba by ’n kinderhuis gelaat met ’n saffier wat per ongeluk laat val is. Die saffier lei haar na die buurplaas La Montagne, maar die antwoorde kom nie maklik soos sy verwag het nie.
Intussen floreer haar loopbaan as fotograaf en sy word ’n pos aangebied op Liberté, waar haar en Liam se paaie kruis.
Hy is aanvanklik mislik, maar stelselmatig sien Louisa ’n ander kant van hom (veral as hy met haar dogtertjie Rose speel).
Lelies vir Louisa is deel van LAPA-uitgewers se SuperRomanza-reeks, en volg op Rose vir Roselle. Die karakters uit Rose vir Roselle maak almal weer ’n verskyning, en lesers kan uitsien na ’n paar nuwe karakters.
Lelies vir Louisa is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA-uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012-401-0700 of besoek www.lapa.co.za.
LEES OOK:
https://rekordcenturion.co.za/148937/wees-voorbereid-op-n-opwindende-feestyd-in-pta-met-boeke-en-sprekers/
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.



