RESENSIE: Bets Smith se eerste omnibus!
Bets Smith is ‘n gevestigde Afrikaanse skryfster. Benewens romanses, skryf sy ook spanningsverhale.
Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Bets Smith se vorige romanzas: Die towerformule, Liefste Valentyn en Engel sonder vlerke. Al drie verhale speel in ’n hospitaal af, of het ’n mediese agtergrond.
Die towerformule
Esti se nuwe huisbaas op die Noord-Kaapse dorpie verwar haar. Is Bernhard Ehmke die beer, wat hom oor die vroue ontferm, of die wolf, wat harte verorber? Maar beer of wolf, dié dokter sal haar nie meesleur nie.
Liefste Valentyn
Elvira vermoed lankal Marius gebruik haar. Die hospitaalgange dreun oor hom en die baas se dogter.
Reuel, die nuwe chirurg, wil Darius jaloers maak, en Elvira wonder – is sy verpletter of verlig?
Engel sonder vlerke
Minette se laaste studiejaar ontaard in ’n nagmerrie toe sy self haar eie weg moet betaal. Sy waardeer beslis nie die enigmatiese dokter Hugo Storm se ongevraagde inmenging in haar lewe – of haar hart – nie.
Waar pas die boek in?
Dit is deel van die uitbreiding van die Romanza-handelsmerk, asook om boeke wat vir jare uit druk was, weer in lesers se hande te plaas.
Man sonder weerga is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar.
Kontak LAPA by 012-401-0700 of besoek www.lapa.co.za
LEES OOK:
https://rekordcenturion.co.za/149136/resensie-kan-n-saffier-mens-na-jou-herkoms-lei/
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.



