GALLERY: Toeneelstuk laat gehoor skater
FAIRLAND – 'n Afrikaanse toeneelstuk wat op 17 September opgevoer is by die Doxa Deo kerk in Randbug het die gehoor laat skater van die lag.
Die skreeu snaakse toeneelstuk, Hier gat ons Alweer, het Donderdag 17 September in die Doxa Deo Kerk in Fairland die gehoor laat skater van die lag.
Doxa Deo gemeentelid Antoinette Viviers, wat die aand gerëel het, sê sy het gedink dis ‘n goeie idee om die gemeenskap op ‘n ander manier by die kerk te betrek –buiten eredienste.
Sy vertel verder dat sy self drama studeer het en wou graag haar passie vir drama aan lede van die gemeenskap oordra.
VolgensViviers kan gemeenskapslede uitsien na nog ‘n eenmantoneelstuk wat op 23 en 24 November deur haar opgevoer gaan word.
Hier gat ons Alweer handel oor die verskil tussen ‘n “slapgat”, wat vertolk word deur Cobus Venter, en ‘n “hardegat”, wat vertolk word deur Elma Postma, en hoe hulle met hul verskille saamleef.
Hierdie produksie word al vir meer as ‘n jaar landswyd opgevoer en het tot dusver baie sukses behaal.
Die opvoering is ‘n opvolg van drie ander produksies – Ballade vir ‘n Windgat, Annale van ‘n Banggat en Jou gat my Skat.
Postma sê sy geniet haar rol want sy geniet dit om mense te laat lag.
Postma verskyn binnekort in die nuwe fliek, ‘n Man soos my pa, en Venter in die toeneelstuk, My Boetie se Boetie se Baba.













