Local news

Silas en Willemien vat jong kykers op ’n avontuur vol hart

Van ’n groot ysbeer tot hartseer, vertel die jong sterre van Silas en die Ysbeer op Tafelberg van hul avontuur.

Vir jong akteurs Neels Clasen Jr en sy mede-ster was dit meer as net ’n avontuur vol sneeustorms, magiese plekke en ’n groot ysbeer om in Silas en die Ysbeer op Tafelberg te speel.

Agter al die avontuur is daar ook ’n storie oor dapper wees, drome volg, vriendskap en die hartseer wanneer jy iemand verloor vir wie jy baie lief is.

Clasen Jr, wat Silas speel, onthou hoe vinnig sy hart geklop het toe hy op die eerste dag op die stel aangekom het. Een van die lekkerste dele vir hom was toe hulle ’n toneel moes verfilm waar hulle huil terwyl hulle probeer het om Brommel, die Hus met die lang ore, te ontvries.

Maar sy gunstelingtoneel was toe hy in ’n sneeustorm teen ’n groot ysbeer moes baklei. Die ysbeer was eintlik ’n groot pop, maar dit het hom nie sommer dadelik gerusgestel nie.

Read more: Are you ready to go voluit Afrikaans?

“Ek was baie verbaas, want toe ek hom gesien het, het ek gedink die pop gaan my kan byt.”

Clasen Jr hou ook van die feit dat Silas sulke cool goed kan bou. Een van die dinge wat hom opgeval het, was Silas se model van Tafelberg wat hy van koerantpapier gemaak het. Hy het ook ’n klein Hus met lang ore gemaak met ’n dennebol.

As hy vir een dag die magiese wêreld van die fliek kon besoek, weet hy presies waarheen hy eerste sou gaan: die Hus met lang ore.

Luna Coetzer (Wilmien) en Neels Clasen Jr. (Silas). Photo: Supplied

Die fliek het egter ook ’n ernstiger kant, en Clasen Jr hoop kinders en gesinne sal al die verskillende emosies saam met die karakters ervaar. “Daar is baie gevoelens. Daar is plekke in die fliek wat baie hartseer is, maar aan die einde is daar ’n baie gelukkige gevoel.”

Vir hom is die boodskap van die fliek eenvoudig. “Om altyd jou drome te volg en altyd braaf te wees.”

Die jong aktrise wat Willemien speel, het ook baie van die ervaring geniet. Een van haar gunstelingdele was om vir Neels te ontmoet en tyd saam met almal op die stel deur te bring.

Sy sê dit was baie pret om saam met Clasen Jr te werk en vriende te word terwyl hulle die fliek gemaak het. Omdat haar ma die regisseur van die fliek was, was die ervaring ook ’n bietjie anders as gewoonlik. “Dit was anders, want ek is nie rerig gewoond om saam met my ma ’n movie te maak nie.”

Also read: Ways you can help your child with their Afrikaans homework

As sy een ding van die fliek kon huis toe vat, sou dit die ysbeer wees. “Die ysbeer, want dit was so fluffy.”

Maar dit is nie net die ysbeer en die avonture wat vir haar uitgestaan het nie. Die fliek raak ook aan die moeilike onderwerp van verlies en hoe dit voel wanneer iemand vir wie jy lief is, nie meer daar is nie.

Sy hoop die fliek kan kinders laat besef dat dit reg is om hartseer te wees wanneer hulle iemand verloor. “Dat as jy iemand verloor vir wie jy baie lief is, dan laat dit jou voel dat jy nie alleen is nie, dat mense nie dink dat dit snaaks is as jy heeltyd daaroor wil huil nie.”

Sy hoop veral dat mense ná die fliek sal onthou dat jy nie iemand hoef te vergeet net omdat hulle nie meer daar is nie. Vir haar is dit een van die belangrikste boodskappe wat die fliek vir kinders kan gee.

Follow us on our Whatsapp channelFacebookXInstagram, and TikTok for the latest updates!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northcliff Melville Times in Google News and Top Stories.

Waydon Jacobs

Waydon Jacobs is community journalist who has written articles for the Northcliff Melville Times. He has covered various stories including sports, community, and schools.

Related Articles

Back to top button