Skending van Bloedriviermonument laat temperature styg…
Plaaslike slagveldgidse en krygshistorici moes verlede week tot hul verbasing agterkom dat die sogenaamde Piet Retief 4X4 – gedenktoer ‘n granietblad wat die toer gedenk, reg op die 1866 – gedenkstapel in die laer by die Bloedrivierterrein ingemessel het. Van die plaaslike gidse was hoogs omgekrap oor die skending van die monument. Dit was egter nie …
Plaaslike slagveldgidse en krygshistorici moes verlede week tot hul verbasing agterkom dat die sogenaamde Piet Retief 4X4 – gedenktoer ‘n granietblad wat die toer gedenk, reg op die 1866 – gedenkstapel in die laer by die Bloedrivierterrein ingemessel het. Van die plaaslike gidse was hoogs omgekrap oor die skending van die monument.
Dit was egter nie al nie. Kundiges by die Voortrekkermonument het op navraag hulle skok uitgespreek, en gemeld dat hierdie byvoeging tot die historiese ou klipstapel definitief sonder hulle toestemming gedoen was. Die granietstuk kan nie sonder meer net weer verwyder word sonder om die onderliggende steen te beskadig nie.
Die 4×4-trekgangers het ook binne in die laer kampeer, wat besoekers en gidse op die dag die harnas ingejaag het, aangesien geen foto’s van die laer geneem kon word nie. Die Sekretaris van die Kwazulu-Natalse Toeriste-gidsvereniging in die Slagveldstreek, Dave Sutcliffe, het ook in ‘n skrywe aan die Voortrekkermonument sy organisasie se misnoë uitgespreek met die optrede van die sogenaamde gedenktoer.



