Höerskool Pionier – Super 12 reeks skop af
PIONIER speel die eerste wintersport uitspeelwedstryde teen Hoërskool Wagpos in Brits. Die uitslae lyk as volg: Rugby: o/14B verloor 5-15; o/14A wen 19-10; o/15A wen 20-15; o/16B verloor 0-24; o/16A verloor 5-7; die derdes verloor 0-24; die tweedespan wen 19-0 en die Liberty Pionier eerstespan wen 23-12. Hokkie: Geluk aan die dogtershokkie wat al die …
PIONIER speel die eerste wintersport uitspeelwedstryde teen Hoërskool Wagpos in Brits. Die uitslae lyk as volg: Rugby: o/14B verloor 5-15; o/14A wen 19-10; o/15A wen 20-15; o/16B verloor 0-24; o/16A verloor 5-7; die derdes verloor 0-24; die tweedespan wen 19-0 en die Liberty Pionier eerstespan wen 23-12. Hokkie: Geluk aan die dogtershokkie wat al die wedstryde gewen het. o/14A wen 3-0; die 015A-span speel uitstekende hokkie en wen 13-0; die tweedespan wen 8-0 en die eerstespan wen 6-0. Die seunshokkie verloor ongelukkig 0-3. Netbal: o/14A wen 15-7; o/15B wen 13-11; o/15A verloor 11-16 en o/16A wen 24-10. Die tweedespan wen 24-6 en die eerstespan wen 21-15. Swem: Die distrik swemkampioenskappe om Noord-Natal te verteenwoordig het 27 Februarie by Pionier plaasgevind. Die volgende leerlinge wat eerste-, tweede- en derdeplekke behaal het, sal deelneem aan die provinsiale swemkampioenskappe in Durban: Maruschka Kruger; Biejanka Boysen; Melissa Harmse; Ashley Reimers; Eune Bosch; Leandri Harmse; Saartjie Erlank; Done Foti; Kristen Smal; Karla Combrink; Michael Williams; Dylan Wessels; Christopher Doust; Gustav Erlank; Christopher van Heusden; Nico Grobler en Jaco Schutte. Atletiek: Quinton Viljoen; René Coetzer; Bea-Marié Schutte; Marcelle Olivier; Leon Groenewald; Ewart Potgieter en Anneri Lens het deurgedring na die volgende rondte van die atletiek. Hierdie atlete neem 14 en 15 Maart te Durban deel om KZN moontlik te verteenwoordig, sterkte! Skyfskiet: Louise Martens neem die afgelope naweek aan ‘n kompetisie te Douglas in die Noord-Kaap deel. Sy behaal ‘n algehele vyfdeplek en ‘n eersteplek in haar ouderdomsgroep. Baie geluk! Eerstespan hokkie borgskap: Pionier sê baie dankie vir Heinrich Koen van Best 2 Electrical vir die borgskap van die nuwe wedstryddrag. Dank aan al die ander borge en donateurs vir onder andere sweetpakke en oefendrag.



