Lucas Meyer Primêre Skool – Groot geleentheid vir ons jong atlete
BAIE GELUK aan die atlete wat na hul deelname te Ulundi, ingesluit is in die Zululand Atletiekspan. Die atlete is: Zander van Vuuren; Hanske Putter; Nadine van Wyk; Jacques van Nieuwenhuizen; Cole van Rooyen; Claudia Botes; Anneen Nel; Eckhart Potgieter; Jacques Erwee; Juanré Botes; Cayla Putter; Duemari Swart; Danie Nel; Arnau Bosch; Zandri Meyer; Angelique …

BAIE GELUK aan die atlete wat na hul deelname te Ulundi, ingesluit is in die Zululand Atletiekspan. Die atlete is: Zander van Vuuren; Hanske Putter; Nadine van Wyk; Jacques van Nieuwenhuizen; Cole van Rooyen; Claudia Botes; Anneen Nel; Eckhart Potgieter; Jacques Erwee; Juanré Botes; Cayla Putter; Duemari Swart; Danie Nel; Arnau Bosch; Zandri Meyer; Angelique Grobler; Renethia van der Merwe; SW Craig en FP de Villiers. Hierdie atlete het eerskomende naweek die geleentheid om te Kingspark, Durban, deel te neem aan die KZN Junior Atletiekkampioenskappe. Ons wens alle atlete wat gaan deelneem voorspoed toe en sê by voorbaat dankie aan ons ouers vir hul moeite en opoffering in die belang van atletiek. Speletjiesaand: Alle LMS leerlinge kon Donderdag, 27 Februarie deelneem aan ons gebruiklike speletjiesaand. Verskeie ouers en personeel, asook graad 7 leerlinge het diens gedoen by die onderskeie speletjies. Dit was goed om te sien hoe jong kinders op ‘n gesonde manier ‘n prettige aand by die skool kon geniet. Baie dankie aan mev Wilna van den Berg, graad 7 graadhoof, vir administratiewe reëlings, asook alle personeel en ouers wat behulpsaam was om die geleentheid suksesvol te laat verloop. Suksesvolle Wintersportfunksie: Alhoewel ons eerste hokkie-, rugby- en netbalspanne sowel as die 0/11 rugbyspelers reeds met voorbereidings vir die seisoen besig is, het die eerste wedstryde afgeskop op Saterdag, 1 Maart toe Arboretum se 0/13 netbalspanne en 0/13 rugbyspanne by ons kom kuier het. Die naweek se aktiwiteite is afgeskop met ‘n fondsinsamelingsfunksie, waar mnr Marius Jonker, internasionale skeidsregter, die gasspreker was. Dit was ook die eerste funksie in ons spoggerige nuwe onthaalfasiliteit. Daar is ook tydens die funksie ‘n veiling gehou en met mnr Ferdie de Villiers, voorsitter van ons beheerliggaam as professionele afslaer, is daar R23 000-00 ingesamel wat aangewend sal word as gedeeltelike finansiering van toerspanne se uitgawes. Baie dankie aan mnr Cassie Smith, as organiseerder, sowel as aan die groot groep ouers en belangstellendes wat hierdie mooi geleentheid ondersteun het. Baie dankie aan mev Tanya Koekemoer en mnr Ferdie de Villiers vir die voorsiening van die vleis en aan Matrone Elsa Hattingh vir die heerlike pap en sous. LMS Kalender 6 Maart – LMS Gala te Nardini. 8 Maart – Rugbykliniek. 12 Maart – Graad 7 Markdag.



