Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Goeie voorbereiding vir Hoërskool Pionier

DIE Liberty Pionier eerstespan het Woensdag, 7 Maart , teen Kearsney College ‘n vriendskaplike oefenwedstryd gespeel. Die uitslag van hierdie wedstryd was 10-35 in die guns van Kearsney. Hierdie was ‘n fisiese wedstryd, maar goeie voorbereiding vir die komende superreeks wedstryde. Superreeks: As gevolg van gure weersomstandighede het die afgelope naweek se bepalings teen Ligbron …

DIE Liberty Pionier eerstespan het Woensdag, 7 Maart , teen Kearsney College ‘n vriendskaplike oefenwedstryd gespeel.

Die uitslag van hierdie wedstryd was 10-35 in die guns van Kearsney. Hierdie was ‘n fisiese wedstryd, maar goeie voorbereiding vir die komende superreeks wedstryde.

Superreeks: As gevolg van gure weersomstandighede het die afgelope naweek se bepalings teen Ligbron uitgereën en die beplannings word tentatief geherskeduleer vir Dinsdag, 11 Maart.

Skyfskiet: Die afgelope naweek het Pionier die KZN-Mpumalanga Skyfskiet Ope aangebied.

Die uitslae is as volg: In die o/21 sporterklas behaal Lize Claassen ‘n sewende plek, Louise Martens ‘n dertiende plek, Jacques van Romburg en Elsa Aveling het ook goed presteer in hierdie klas.

In die o/16- sporterklas eindig James Visagie negende, Celine Erasmus tiende, Teana Janse van Vuuren twintigste en Theo Duvenhage 24ste.

In die o/14- sporterklas is Pieter Claassen tweede.

In die o/21 veerklas is Mari Myburgh eerste en Morné le Roux behaal ‘n tweedeplek.

Tennis: Rhyll Boshoff en Elzette Versluis neem aan die KZN tennisproewe deel. Hierdie is goeie voorbereiding en blootstelling vir Pionier tennis. Geluk met jul deelname.

Atletiek: Sterkte aan die volgende agt atlete wat die naweek aan die KZN- finale proewe deelneem: Bea- Marié Schutte; Marcelle Olivier; Nicole Pelzer; Leon Groenewald; Quinton Viljoen; René Coetzer; Anneri Lens en Ewart Potgieter. Mik hoog, Pioniers!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button