Lucas Meyer swemmers presteer
TYDENS ‘n Streeksgala op 27 Februarie te Hoërskool Pionier, het die volgende swemmers gekwalifiseer vir deelname aan ‘n KZN Gala te Durban, geskeduleer vir Saterdag, 10 Mei: Dogters 0/10: Nadine van Wyk en Anika Smit; Seuns 0/10: Zander van Vuuren en Janus Pretorius; Dogters 0/11: Mieke van der Walt; Kayla Becker en Anneen Nel; Seuns …
TYDENS ‘n Streeksgala op 27 Februarie te Hoërskool Pionier, het die volgende swemmers gekwalifiseer vir deelname aan ‘n KZN Gala te Durban, geskeduleer vir Saterdag, 10 Mei: Dogters 0/10: Nadine van Wyk en Anika Smit; Seuns 0/10: Zander van Vuuren en Janus Pretorius; Dogters 0/11: Mieke van der Walt; Kayla Becker en Anneen Nel; Seuns 0/11: Dirk Grobler; Dogters 0/12: Berné van Heerden; Seuns 0/12: Arnau Bosch; Henry van Wyk en Jano Strydom; Dogters 0/13: Nicea Strydom; Lésa Swanepoel en Jana Schoeman; Seuns 0/13: Muller Smith; Marnus Smith; Morné Odendaal en Jaco van der Merwe.
LMS Gala: Ons interne gala geskeduleer vir 6 Maart moes as gevolg van die reënweer uitgestel word. Indien omstandighede dit regverdig sal hierdie gala op Woensdag, 13 Maart plaasvind te Nardini swembad.
KZN atlete: Alhoewel verskeie atlete die afgelope naweek aan die KZN Kampioenskappe te Kingspark deelgeneem het, is amptelike uitslae met die deurgee van die nuus nog nie beskikbaar nie. Ons sê voorlopig dankie aan ons ouers vir hulle moeite en ondersteuning om atlete te laat deelneem.
LMS Kalender:
17 Maart – Graad 7 Markdag
20 Maart – Utrecht Rugby
20 Maart – Pongola Rugby & Netbal (1ste spanne)



