Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

LMS – Bedrywige langnaweek vir sportspanne

'n Bedrywige langnaweek vir sport by Lucas Meyer Primêre Skool asook goeie voorbereiding vir die wintersportseisoen.

DIE AFGELOPE langnaweek was ‘n bedrywige sportnaweek waar verskeie spanne aan toernooie deelgeneem het.

Die vertrekpunt vir sodanige deelname is hoofsaaklik voorbereiding vir die komende wintersportseisoen, maar dit is tog lekker as daar reeds sukses behaal word so vroeg in die seisoen.

Utrecht Sportweek: Ons eerste en tweede hokkiespanne het vanaf 20 tot 22 Maart te Utrecht deelgeneem. Daar was 7 skole verteenwoordig en elke span kon dus 6 wedstryde speel. Ons 1ste span wen al ses van hul wedstryde met goeie spel terwyl ons 2de span vier van hulle wedstryde gewen het.

Ons eerstespan behaal sodoende die eerste plek met ons tweedespan die tweede plek.Ons tweede rugbyspan het ook aan die Utrecht Rugbytoernooi deelgeneem. Vier van hulle wedstryde word teen eerstespanne gespeel wat strawwe kompetisie was. Hulle verloor hierdie wedstryde sowel as teen Huttenpark se tweedespan met 5-12.

Daar is egter, waardevolle ondervinding opgedoen wat in die rugbyseisoen positiewe vrugte sal lewer.

Pongola Sportweek: Ons eerste netbal, asook eerste rugby en 0/11 rugbyspanne het aan die Pongola Sportweek deelgeneem.

Ons Netbalspan speel ses wedstryde, waarvan hulle vier wen en twee verloor. Baie geluk aan Lesa Swanepoel en Caitlin Langner wat gekies is as deel van die top tien spelers van die toenooi.

Ons 0/11 Rugbyspan het harde bene gekou. Hulle wen een wedstryd, speel een gelykop en verloor twee. Baie geluk aan Dirk Grobler wat aangewys is as die beste senter van die toernooi.

Die eerste rugbyspan wen al vyf van hul wedstryde en word aangewys as 0/13 wenspan waarvoor hulle ook ‘n mooi trofee verwerf het. Baie geluk aan die span asook die volgende spelers wat aangewys is as die beste spelers in hul posisies: Dylan van Wyk; SW Craig; Spencer Muller; Eckhart Potgieter en Kyle Langenhoven. Baie dankie aan al die betrokke personeel asook ons ouers wat gehelp het met vervoer en ondersteuning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button