Hoërskool Pionier – Mari is ‘n Springbokskut
Mari Myburgh is gekies om Suid Afrika in Brittanje te verteenwoordig vir skyfskiet.
RUGBY: Pionier se Liberty eerstespan wen die gesogde Vryheid Hoër rugbyweek en verdedig so hul titel suksesvol.
Hulle speel in hul eerste wedstryd teen Hoerskool Frikkie Meyer en wen 17-5 en die volgende wedstryd teen Churchhill eindig met ‘n telling van 38-10.
In die finaal speel Pionier teen Afrikaans Hoër Kroonstad. Die telling was 15-12.
Spelers wat uitgesonder word in hul onderskeie posisies is: Johnathan Vorster; Clifferd Jacobs; Franco Botha en Tyler van Staden. Baie geluk, seuns!
Die o/16’s neem ook aan die VHS rugbyweek deel.
Pionier speel teen AHS Kroonstad en wen 17-14, in die tweede wedstryd speel hulle teen Hoërskool Benoni en wen met ‘n reuse teling van 64-3.
Die laaste wedstryd word teen Hoerskool Richardsbaai gespeel. Pionier wen 40-19.
Netbal: Die eerstespan netbal toer na Konka in die Noordwes provinsie, waar dr. Elsje Jordaan, Protea afrigter, die netbalkursus aanbied.
Die dogters het dit baie leersaam ervaar, maar ook baie pret so tussen al die inoefening van tegnieke en spelpatroon gehad.
Die dogters het tot die kabelkar en zip-lining aangedurf.
Hokkie: Die eerstespan dogters toer na Bloemfontein om aan die UVS- hokkieweek deel te neem.
Die dogters speel wedstryde teen top spanne en vaar goed op die astro-hokkieveld. Pionier speel nege wedstryde, wen vyf, verloor een en speel drie gelykop. Geluk dogters!
Skyfskiet: Mari Myburgh word as ‘n Springbokskut gekies tydens die SA- Kampioenskappe in Bloemfontein.
So verwerf sy haar nasionale kleure vir skyfskiet. Mari word ook gekies om Suid-Afrika in Brittanje te verteenwoordig.
EG Jansen Redenaars: Baie geluk aan Jana Grobbelaar en Carike Odendaal wat die senior afdeling van die redenaarskompetisie vir die tweede jaar in ‘n ry gewen het.
Die juniorspan bestaande uit Carmen Gröpp en Chezelle Stear het hulself ook uitstekend van hul taak gekwyt en ‘n goeie posisie behaal.
Swem: Die volgende drie leerlinge neem aan die vlak een en twee swemkampionskappe in Durban deel: Ashley Reimers ontvang ‘n silwer- en bronsmedalje, Christopher Doust ‘n vyfde en sesdeplek en Carla Combrinck ontvang ‘n goue-, silwer-, en bronsmedalje.
Karate: Cailin Scott neem aan die Natal kampioenskappe deel en ontvang twee medaljes. Sy is verkies om Natal by die SA- kampioenskappe te verteenwoordig.



