Hoërskool Landbou Vryheid – Skouer aan die wiel na ‘n bedrywige vakansie
Na 'n bedrywige vakansie vir Landbouleerders en personeel, is dit terug na nog 'n kwartaal van harde werk in die klaskamer en op die sportsveld.
WELKOM terug: Landbouleerders en personeel sit skouer aan die wiel op Maandag, 7 April.
Die vakansie was bedrywig met 17 van die matriekleerders wat verskeie klasse bygewoon het tydens die herfsskool.
Leerders het toewyding getoon en volwassenheid openbaar.
Dit blyk dat die afgesonderde milieu ‘n baie positiewe uitwerking op hulle fokus en ingesteldheid gehad het.
‘n Baie spesiale dankie aan personeel wat vakansietyd hiervoor opgeoffer het.
Rugbyweek: Landbou se eerste rugbyspan het van 28 Maart tot 1 April deelgeneem aan die Nashua Rugbyweek by VHS.
Hulle wen twee van die drie wedstryde, teen VHS 12-6 en Richardsbaai 15-0.
Ongelukkig het Micheal House as oorwinnaars uit die stryd getree na die derde wedstryd.
Baie geluk aan die spelers en afrigter, Mnr. G. Slump met ‘n baie suksesvolle en genotvolle rugbyweek.
Wintersportbepalings: Komende Woensdag speel Landbou tuiswedstryde teen VHS en Saterdag teen Amajuba (weg).
Daar is ook ‘n rugbyfees geleentheid op 25 en 26 April waarna die leerders besonder baie uitsien.
Die Nasionale Departement van Onderwys het die skool besoek tydens die afgelope vakansie.
Daar is vooruitsigte van moontlike opgraderings by die skool en plaas.
Vanaf 8 April word ‘n nuwe rooster gevolg.
Weens vakansiedae en ander onderbrekings, is daar ses vol weke en twee kort weke voor die halfjaareksamen.
Die skool sal op 25 April tot 5 Mei gesluit wees vir ‘n welverdiende blaaskans!
‘n Koorkamp is geskeduleer van 9 – 11 Mei, waarna ons baie uitsien.
‘n Baie voorspoedige kwartaal aan elkeen en baie sterkte met al die uitdagings wat voorle!
Landbou Open Day: Landbou school will be having the annual Open Day on Saturday, May 24, starting from 08:00am.
Parents and aspiring learners are welcome to visit the school and submit application forms.
Ope Dag: Landbou se jaarlikse Ope Dag is geskeduleer vir Saterdag 24 Mei, om 08:00vm.
Ouers en aspirant-leerlinge is welkom om die dag by te woon en aansoekvorms in te handing.



