VHS – Suksesvolle rugbyweek
Die weer was goed, die rugby sprankelend en die ondersteuning uitstekend. Die VHS Nashua Rugbyweek het op 28 Maart begin.
Vryheid High School
DIE VHS-Nashua Rugbyweek was ‘n groot sukses!
Sprankelende rugby en heerlike weer saam met lekker eetgoed en groot publieke ondersteuning – hoe kan dit anders?
Die rugbyweek is gewen deur Hoërskool Pionier wat in die hoofwedstryd teen Afrikaans Hoër Kroonstad gespeel het. Die telling was 15 – 12.
Ander skole wat ook al hul wedstryde gewen het, is Michaelhouse XV, Afrikaans Hoër Seuns XV en Afrikaans Hoër Seuns III.
Die wenners van die trofeë is soos volg: Hoërskool Vryheid Trofee: Wenners van die week: Hoërskool Pionier; Adidas Trofee: Speler van die week: Francois Stemmet (Afrikaans Hoër Kroonstad); Piet Roux Skild: Voortreflikste span: Hoërskool Piet Retief; Joe Dyer Trofee: Die meeste drieë gedruk: Afrikaans Hoër Seuns 4; ABSA Bank Trofee: Aanskoulikste rugby: Michaelhouse en die SA Homeloans Trofee: Speler met die meeste punte: Ryan Anderson (Michaelhouse).
VHS is ook besonder trots op Pietie Keeve (Haker van die Week); Kyle Xaba (Buite-senter van die Week) en Thando Mabaso van die VHS-Impi-Span wat die Topsport-skop kompetisie gewen het.
Ons wil die gemeenskap van Vryheid bedank vir hul ondersteuning tydens die rugbyweek en veral ons borge wat hierdie grootse geleentheid moontlik gemaak het: Nashua; Afrimat; Armand Swanepoel; Cash and Carry Liquors; Cash and Carry Wholesalers; Coca Cola; Farmtrac; FNB; Habitat; Isilulu; Liberty; Nissan; NTT Toyota; Quality Engineering; Ritchie Ford; Shonalanga Lodge; Spur; Topsport; West End Supermarket; MTN; Biltong and Braai; Designer Pools; Mascor; Vryheid Vleismeester en Pick n Pay.
Before the holiday VHS played against Utrecht on March 26.
It was good experience for all the teams, with the following results:
Rugby: 3rd 53 – 14 and u/15 84 – 0.
Hockey: 2nd 1 – 2 and u/14 1 – 0.
Netball: 2nd 13 – 3 and u/15 6 – 6
Nambiti Cheetah Project: On Thursday, March 27, Ms Nel took her Grade 11 Biology class to the Nambiti Cheetah Project, where the learners thoroughly enjoyed interacting with various species of the cat family.
This was truly an experience of a life time as the learners got up close and personal with these magnificent animals.
The Grade 11 class would like to thank Ms Nel for all her effort in this regard as it is an experience that they will never forget.
DAGBOEK
12 April – Wintersport vs Newcastle (Away)
16 April – Blood Donating
16 April – Winterport vs Landbou
18 April – Public Holiday – Good Friday
21 April – Public Holiday – Family Day



