Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Landbou vs Vryheid Hoërskool derby

Vryheid Landbou High School has several accomplishments to be proud of.

LANDBOU en VHS se jaarlikse derby wedstryd is op 16 April op Landbou se tuisveld gespeel en elke jaar ‘n hoogtepunt op ons sportkalender.

Rugby: Mnr Slump se jarelange afrigting en toewyding is duidelik sigbaar die afgelope seisoen waar die span met ruim dividende vergoed vir die belegging wat daar in hulle gemaak is. Die seuns is passievol, hulle oefen en speel elke wedstryd met hart en siel!

Die 2014 seisoen het goed begin en dit is duidelik dat die span op ‘n positiewe wenpad is.

Jarelank moes Landbou, ‘n skool met ongeveer 110 seuns, verlief neem om mee te ding met groter skole se 2de spanne.

Die wedstryd teen VHS was ‘n uitsonderlike hoogtepunt met ‘n wentelling van 12-10, teen hulle eerstespan.

Drieë is aangeteken deur Saziso Manyoni en Khula Radebe en is verdoel deur Simphiwe Myeza. Baie geluk seuns!

Ongelukkig was die tweede span en junior spanne die keer minder gelukkig en kon nie ‘n wentelling aanteken nie.

Hokkie: Landbou se eerste hokkiespan wen 2-0 teen VHS gekombineerde span en o/14 hokkie verloor 0-3.

Die netbalwedstryde word komende Woensdag, 23 April, afgehandel.

Rugby vooruitsigte: Rugbyfees te Pongola 25 – 27 April. Voorts berei Landbou voor vir deelname aan Weston Agricultural College se Centenary Rugby Tournament van 5 – 7 September.

Borge: Ons bedank graag ons borge, Mutual en Federal Agri vir ‘n ruim borgskap van die eerstespan uitrusting! Die seuns dra dit met trots!

Vryheid Landbou High School Open Day: Applications for admission to Landbou in 2015 are open.

The school will be having their Open Day on Saturday, May 24, this year. Proceedings will start at 8:00am.

Aspiring learners and their parents are invited to attend this day to learn more about the school and submit applications.

Forms are available at www.vryheidlandbou.co.za as well as from the school.

eMail: admin@vryheidlandbou.co.za for any enquiries.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button