NewsSchool sportSchoolsSport

LMS – Leerders en atlete presteer puik

TIAAN Marais, ‘n graad 6 leerling, het aan die eerste rondte van die ATKV Redenaarskompetisie deelgeneem en deurgedring na die semi-finaal wat gedurende Mei 2014 sal plaasvind. Tiaan se aanslag was van hoogstaande gehalte en ons wens hom geluk en sterkte toe met verdere deelname. Hokkiedogters in streekspan: Baie geluk aan die volgende dogters wat …

TIAAN Marais, ‘n graad 6 leerling, het aan die eerste rondte van die ATKV Redenaarskompetisie deelgeneem en deurgedring na die semi-finaal wat gedurende Mei 2014 sal plaasvind. Tiaan se aanslag was van hoogstaande gehalte en ons wens hom geluk en sterkte toe met verdere deelname.

Hokkiedogters in streekspan: Baie geluk aan die volgende dogters wat gekwalifiseer het vir die Bhekuzulu streekspan: Noshile Xaba; Anke Erasmus; Marlie Smit; Nicea Strydom; Carla Viljoen; Janneke Schwab, Sarcelle van der Merwe en Bernè van Heerden. Die volgende dogters het ook goeie rekenskap gegee en is aangewys as nie-reisende reserwes: Lisa Grobbelaar en Anrie van Rensburg.

Ruitersportnuus: Christel Liebenberg het aan die SANESA skoleliga te Badplaas deelgeneem. Sy het aan twee skouklas items sowel as twee dresseer klasse deelgeneem waar sy by almal ‘n derde plek behaal het.

Sportuitslae: Op Woensdag, 23 April, het ons gereis na Drakensberg Laerskool te Newcastle vir wintersport deelname. Hokkie: Eerste span wen 9-0. Netbal: o/10B wen 2-0; o/10A wen 2-1; Vierde wen 11-1; Derde wen 20-2; Tweede wen 12-5 en Eerste wen 19-6. Rugby: o/9A verloor 3-5; o/10A wen 57-0; o/11A wen 12-0; Tweede wen 31-0 en Eerste wen 23-0. Mini Toernooi: Op Donderdag, 24 April, het LMS ‘n baie geslaagde mini-toernooi aangebied waar daar met entoesiasme deelgeneem is in rugby, hokkie en netbal.

Baie dankie aan die volgende skole wat deelgeneem het: Dundee Laerskool; Michaelis; Pongola en Piet Retief.

LMS May 2 LMS Kalender: 7 Mei – Zoeloeland Netbalproewe 9 Mei – Holkrans Kranslegging 10 Mei – Wintersport teen Egerton

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button