NewsSchool sportSchoolsSport

Hoërskool Pionier – Dis ‘n puik prestasie, Louise

PIONIER is besig om ‘n waardegedrewe sisteem te implementeer. Daar is Maandag, 12 Mei 2014, seremonieel, deur elke VLR van elke registerklas, ‘n oorhandiging gemaak sodat Pionier die waardes kan kies wat uitgeleef en nagestreef gaan word. Netbal: Baie geluk aan die volgende dogters wat deur is na die volgende rondte van die Natal proewe …

PIONIER is besig om ‘n waardegedrewe sisteem te implementeer. Daar is Maandag, 12 Mei 2014, seremonieel, deur elke VLR van elke registerklas, ‘n oorhandiging gemaak sodat Pionier die waardes kan kies wat uitgeleef en nagestreef gaan word.

Netbal: Baie geluk aan die volgende dogters wat deur is na die volgende rondte van die Natal proewe wat Vrydag en Saterdag in Durban sal plaasvind: L. Harmse, C.Roberts, G. Schwartz, L.van Jaarsveldt, L. Mentz, E. Immelman, M. Harmse, I. Steenkamp, R. Fourie, R. Coetzer, J. Taylor, Z. Olivier, C.Palmer, L. Beytell, H. Steffen, A. Reimers, M. Swanepoel, S. Bornman, E. Mostert, a. Blaauw, A. Lens, L. Mouton, N. Muller en J. Claassen.

VSA Jeuguitruilskema: Jana Grobbelaar, Euné Bosch en Keeza Kriel vertrek gedurende die Junie vakansie na Duitsland om aan ‘n uitruilskema deel te neem. Baie geluk en geniet dit, dogters, ons weet julle is ware ambassadeurs van SA en Pionier!

Hokkie: Baie geluk aan die volgende dogters wat gekies is om aan die finale proewe vir Natal Plattelande hokkie deel te neem; Chané Fuhri, Carla Combrinck, Rochelle Odendaal en Jahanthé Smuts. Sterkte! ATKV-redenaars: Baie geluk aan Hoërskool Pionier en die drie deelnemers van Hoërskool Pionier wat die semi-finale rondte van die Natal uitdunne gehuisves het. Hierdie was ‘n puik gereëlde geleentheid, dankie aan elkeen wat ‘n rol gespeel het!

Skyfskiet: Louise Martens word verkies tot die SA-skyfskietspan deur algeheel derde by die SAARA-kompetisie te eindig. Sy vertrek eersdaags Brittanje toe en verwerf dus so haar SA-kleure vir skyfskiet. Dis ‘n puik prestasie, Louise, gel

Louise Martens
Louise Martens

uk!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button