Latest NewsNewsSchool sportSchoolsSport

Lucas Meyer Primêre Skool – Koorkinders opgewonde oor nuwe verbintenis

MNR RUDI van Wyk is onlangs aangestel deur die Beheerliggaam om die vakature van Mev Esbé Strydom te vul. Afgesien van ander akademiese insette, word klassang aangebied en sal Mnr Van Wyk ook saam met Mev Tienie Meyer in beheer van die koor wees. Na ‘n eerste oefening was dit duidelik dat die koorkinders baie …

MNR RUDI van Wyk is onlangs aangestel deur die Beheerliggaam om die vakature van Mev Esbé Strydom te vul.
Afgesien van ander akademiese insette, word klassang aangebied en sal Mnr Van Wyk ook saam met Mev Tienie Meyer in beheer van die koor wees.
Na ‘n eerste oefening was dit duidelik dat die koorkinders baie opgewonde is en uitsien na hierdie nuwe verbintenis.
Ons glo dat Mnr. Van Wyk reeds tuis voel en wens hom voorspoed toe en weet dat sy verbintenis met ons skool ‘n positiewe ervaring sal wees.
Junie eksamen: So met die aanbreek van ons eerste winterkoue, het die eksamen ook begin op Vrydag, 13 Junie.
Ons wens ons leerlinge, sowel as alle ander leerlinge in ons dorp, sterkte toe met hul voorbereiding en vertrou dat daar goeie rekenskap gegee sal word.
Sportnuus: Ons KZN rugbyverteenwoordigers, JJ Foord en SW Craig, het op Woensdag, 11 Junie te Durban hul KZN kleure ontvang.
Hierdie funksie, aangebied deur die KZN Rugbyunie, is altyd ‘n luisteryke geleentheid en ons is saam met hierdie leerlinge se familie trots op wat hulle bereik het.
Hulle betrokkenheid strek natuurlik ook ons skool se naam tot eer, waarvoor ons dankbaar is.
Ons wens hierdie twee seuns voorspoed toe met wedstryde wat voorlê. Geniet dit en leer daaruit!
LMS kalender
23 Junie – Mini-skaak inligtingsessie
26 – 27 Junie – Rugby Spur Toernooi
27 Junie – Skole sluit
21 Julie – Skole open

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button