Lucas Meyer Primêre Skool – Leerders verteenwoordig met trots
JJ Foord (A-span) en SW Craig (B-span) verteenwoordig die onderskeie KZN spanne tydens die wintervakansie. Die KZN A-span neem deel aan die jaarlikse Cravenweek Toernooi vir laerskole wat vanjaar te Durban plaasvind. Die Provinsiale B-spanne neem deel aan die Sasoltoernooi. Ons wens weereens hierdie spelers geluk en wens hulle voorspoed toe met hul deelname. KZN …
JJ Foord (A-span) en SW Craig (B-span) verteenwoordig die onderskeie KZN spanne tydens die wintervakansie.
Die KZN A-span neem deel aan die jaarlikse Cravenweek Toernooi vir laerskole wat vanjaar te Durban plaasvind. Die Provinsiale B-spanne neem deel aan die Sasoltoernooi. Ons wens weereens hierdie spelers geluk en wens hulle voorspoed toe met hul deelname.
KZN Binnelande Hokkieverteenwoordigers: Die volgende dogters verteenwoordig die onderskeie KZN Binnelande spanne: Nosihle Xaba en Nicea Strydom (B-span) en Berné van Heerden (C-span).
Hierdie dogters neem eerskomende naweek deel aan ‘n Interprovinsiale Toernooi te Pretoria.
Ons wens hierdie dogters sterkte toe met hul deelname.
Interprovinsiale o/12 Spur Rugbytoernooi, 26 – 28 Junie: Hierdie Provinsiale Toernooi vir o/12 spanne word weer vanjaar te Hoërskool Pionier aangebied onder die vaandel van die Noord-KZN Rugby Sub-unie.
Mnr. Cassie Smith is Sekretaris van die Sub-unie en dra ‘n groot verantwoordelikheid insake reëlings vir die toernooi.
Met die meeste eksamens waarskynlik iets van die verlede word leerlinge, maar ook alle belangstellendes uitgenooi om wedstryde by te woon.
Die wedstrydprogram vir Donderdag, 26 Junie is soos volg: 2:30nm – Vrystaat vs Leeus XI; 3:20nm – Blou Bulle vs Luiperds; 4:10nm – Leeus vs Pumas; 5:00nm – Valke vs Limpopo Blou Bulle en 5:50nm – KZN vs Griffons.
Wintervakansie: Met die aanbreek van die wintervakansie vir skole op Vrydag, 27 Junie, wens ons alle personeel en leerlinge ‘n aangename vakansie toe.
Kom kuier gerus ook Saterdag, 28 Junie by die Battlefields Biltongfees, waar Lucas Meyer ook ‘n stalletjie beman en onder andere heerlike “steak” rolle gaan verkoop.
LMS Kalender:
27 Junie – Skole sluit
21 Julie – Skole open
26 Julie – LMS Gholfdag



