Community galleriesGalleriesLatest NewsLocal newsNewsNews galleries

Noord Natal Bul en Ram Veiling – Telers pronk met spog bulle en ramme

DIE NOORD Natal Bul en Ram Veiling het vanjaar weer top diere opgelewer. Veels geluk aan al die telers wat die standaard so hoog hou. Die Bul en Ram telers het groot waardering vir die keurders, Mnr Peter Hassard, al die pad van Hluhluwe en Mnr Lubbe Jacobs, van Vryburg, wat hulle so wonderlik van …

DIE NOORD Natal Bul en Ram Veiling het vanjaar weer top diere opgelewer.

Veels geluk aan al die telers wat die standaard so hoog hou.

Die Bul en Ram telers het groot waardering vir die keurders, Mnr Peter Hassard, al die pad van Hluhluwe en Mnr Lubbe Jacobs, van Vryburg, wat hulle so wonderlik van hulle taak kwyt, asook die BKB skaap en wol afdeling vir die keuring van die ramme.

Ons dank en waardering gaan ook aan ons borge: Bivane farming supplies, De Heus, First National Bank, Afgri Voere, Hinterland, LMS Brokers, TWK Agri, Meatmasters Vryheid, Spar, en Alpha Super Lube.

Baie dankie aan Ria de Bruyn vir die spyseniering, en dankie ook aan die kinders wat die veiling bygewoon het, hulle is die boere van môre.

Ons waardeer en sê ook dankie aan elke person wat hard gewerk het om hierdie veiling moontlik te maak, die komiteelede, die verkopers, die kopers en ook vir BKB.

Baie geluk aan al die kopers. Ons wens julle ‘n vrugbare teelseisoen toe met julle nuwe aankope.

Pryswenners is as volg:

Ramme: Vleismerino: Kampioen: JDJ 13-0060 (Wihann Trust) – gekoop deur A.C. van Niekerk vir R7000. Reserwe Kampioen: JDJ 13-0039 (Wihann Trust) – gekoop deur LO Klingenberg vir R7500.

Ile de France: Kampioen: MEB 12 0088 (ME Bergh) – gekoop deur Coetzee Boerdery vir R4500.

Drakensbergers: Kampioen: VB110015 (VH Bohmer) – gekoop deur Prairie Farming CC vir R33 000.

VH Bohmer wen ook die groep van drie en van vyf Drakensbergers.

Hoogste prys Drakensberger – B1150 (EM Schroeder) – gekoop deur CLM Simpson vir R41 000.

Beefmasters: Hoogste prys: GC-110051 (Sandspruit Beefmasters-Campher) gekoop deur AC Swanepoel vir R29 000.

Sandspruit Beefmasters – algeheel tweede met groep van vyf.

Simmentaler: Kampioen: VKS1123 (TA Schefermann) gekoop deur PC Hassard vir R44 000.

Reserwe Kampioen: VZ1260 (PS van Zyl)

T.A. Schefermann – eerste in groep van drie en vyf Simmentalers.

Braford: Veilings Kampioen: TH11167 (Thiele Estates) gekoop deur AC Swanepoel vir R38 000.

Thiele Estates algehele kampioen bul, asook algeheel eerste prys vir groep van vyf, en tweede – groep van drie.

Brahmane: Kampioen: JAV112 (FH Venter) Algeheel hoogste prys bul op veiling – gekoop deur PC Hassard vir R51 000.

FH Venter – algeheel eerste groep van drie, tweede in groep van vyf Brahmane.

N van den Bosch – Reserwe Kampioen Brahman D3112 – gekoop deur JH Combrink vir R44 000.

CJ Swanepoel – eerste groep van vyf Brahmane en tweede in groep van drie.

Die Noord Natal Bul en Ram Veiling vir 2015 vind DV plaas op die eerste Woensdag in Julie. Hou dus hierdie datum oop.

Die bestuur sien uit daarna om een en elkeen, veral die kinders, daar te ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button