Lucas Meyer Primêre Skool – Derde kwartaal begin op ‘n hoë noot
ONS VERWELKOM alle leerlinge en personeel terug vir die derde skoolkwartaal. Nuwe leerlinge en gesinne wat by ons aangesluit het word spesiaal verwelkom. Teen die einde van kwartaal twee is afskeid geneem van Mev Daleen van der Merwe, wat ‘n departementele pos te Gluckstad aanvaar het. Ons wens haar alle voorspoed toe. Mej Lynelle Solms is aangestel in …
ONS VERWELKOM alle leerlinge en personeel terug vir die derde skoolkwartaal.
Nuwe leerlinge en gesinne wat by ons aangesluit het word spesiaal verwelkom.
Teen die einde van kwartaal twee is afskeid geneem van Mev Daleen van der Merwe, wat ‘n departementele pos te Gluckstad aanvaar het. Ons wens haar alle voorspoed toe.
Mej Lynelle Solms is aangestel in die plek van Mev Van der Merwe en Mev Tiffany Langner is as assistent leerkrag aangestel vir graad R.
Verdere personeelnuus is die verlowings van die volgende personeel gedurende die vakansie: Mej Denielle Olivier en Mej Janine Ackerman. Baie geluk.
Top tien presteerders: Die volgende leerlinge in graad 5, 6 en 7 het op Maandag, 21 Julie hul top tien balkies ontvang vir puik akademiese prestasie gedurende die tweede kwartaal:
Graad 5: Kayla Bekker; James Bellringer; Dirk Grobler; Caitlin Keightley; Ger-Mari Kruger; Isabel Labuschagne; Riaan Norval; Xander Richards; Chené Stear en Cole van Rooyen.
Graad 6: Rochelle de Villiers; Anke Erasmus; Lisa Grobbelaar; Anrie Janse van Rensburg; Carina Knoetze; Tiaan Marais; Azaria Noëth; Eckhart Potgieter; Marlie Smit en Berné van Heerden.
Graad 7: Rebekka Barnard; Antoinette Colloty; Bianca Cronje; JJ Foord; Caitlin Langner; Zurike Marais; Jana Schoeman; Ryno Swanepoel; Jean-Mari van Aswegen en Carla Viljoen.
Vakansiesport: Die volgende leerlinge het KZN Provinsie verteenwoordig: JJ Foord en SW Craig – Rugby; Nosihle Xaba; Nicea Strydom en Berné van Heerden – Hokkie. Nicea en Nosihle se B-span het tweede in hulle toernooi geëindig waarvoor elkeen ‘n silwer medalje ontvang het.
Ons is trots op al hierdie leerlinge wat Lucas Meyer se naam hoog gehou het.
Krieket Afrigtingskursus: Gedurende die vakansie het verskeie van ons leerlinge aan ‘n afrigtingskliniek deelgeneem, aangebied op NRS terrein. Baie geluk aan Tiaan Marais wat ‘n toekenning ontvang het as die mees belowendste krieketspeler.
LMS Kalender:
26 Julie – LMS Gholfdag



