NewsSchool sportSchoolsSport

Volksrust eerstespan speel gelykop in finaal

Die eindtelling was 28 elk. Volksrust en Standerton deel gevolglik die trofee vir die beste eerstespan in Mpumalanga onder die groot-skole afdeling.

Op Saterdag, 26 Julie, het Volksrust Hoërskool se eerste rugbyspan te staan gekom teen Hoërskool Standerton. Die eindtelling was 28 elk. Volksrust en Standerton deel gevolglik die trofee vir die beste eerstespan in Mpumalanga onder die groot-skole afdeling.

Die eerste rugbyspan het reeds vanaf o/14 en o/15 dae geweldige talent getoon toe hulle onder die bekwame leiding van mnre. Dries Richter, Dirk de Jager en Eduard Claassen afgerig is. Hulle het deurgaans hard gewerk en hulle spel verbeter, onder die entoesiastiese leiding van mnre. Tekkies Erasmus, Dolf Uys en Danie Struwig.

Die Volkies se volgende wedstryd is tuis teen die Valke se naaswenners, Transvalia of Hugenote.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button