NewsSchool sportSchoolsSport
Volksrust Hoër tennisster toer Engeland en Skotland
Die span het in Engeland en Skotland teen verskeie tennisskole en klubs gespeel. Marinel het uitstekend gevaar deur vier van haar vyf wedstryde te wen.
Marinel Lourens, matriekleerling aan Hoërskool Volksrust, het as kaptein en die nommer een speler van die Suid-Afrikaanse o/19 tennisspan getoer vanaf 19 Junie tot 29 Junie 2014. Die span het in Engeland en Skotland teen verskeie tennisskole en klubs gespeel. Marinel het uitstekend gevaar deur vier van haar vyf wedstryde te wen. Haar vyfde wedstryd het sy in die derde stel net-net in ‘n super-valbylpot verloor.
Die span het ook by die Wimbledonstadion ‘n paar wedstryde gaan kyk. Dit was ‘n belewenis vir Marinel wat hoop om eendag op dieselfde bane te speel. Hoërskool Volksrust is ongelooflik trots op jou!
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



