Lucas Meyer Primêre Skool – Puik ondersteuning by LMS se Gholfdag
PERFEKTE weer vir die wintertyd, goeie ondersteuning van ouers en besighede asook die pragtige fasiliteite van Vryheid Country Club is goeie bestanddele vir ‘n geslaagde gholfdag. Baie dankie vir u ondersteuning. ‘n Vol veld van 106 spelers het ingeskryf vir LMS se gholfdag. Baie dankie vir elke speler, veral ons besoekers uit omliggende dorpe vir …
PERFEKTE weer vir die wintertyd, goeie ondersteuning van ouers en besighede asook die pragtige fasiliteite van Vryheid Country Club is goeie bestanddele vir ‘n geslaagde gholfdag.
Baie dankie vir u ondersteuning.
‘n Vol veld van 106 spelers het ingeskryf vir LMS se gholfdag. Baie dankie vir elke speler, veral ons besoekers uit omliggende dorpe vir u ondersteuning.
Die goeie gees en ontspanne atmosfeer was vanaf die eerste afslaan opmerklik en veral die kuierplekkies op die gholfroete het die dag interessant gemaak.
‘n Groot dankie aan ons hoofborge: At Moolman Makelaars en Siyaphambili Vervoer. Julle ondersteuning oor etlike jare word opreg waardeer. Baie dankie ook aan verskeie ander borgskappe en donasies wat bygedra het tot ‘n lekker en suksesvolle dag. Hierdie ondersteuning het daartoe gelei dat ‘n groot groep spelers met waarde vir geld kon wegstap as pryswenners.
Baie geluk aan André en dogter Mareli wat as algehele wenners uit die stryd getree het. Baie geluk aan Tommie van Deventer wat die gelukkige trekking gewen het.
Aan ons hooforganiseerders Liezl en André Smit – ‘n groot dankie vir julle harde werk asook aan almal wat julle ondersteun het.
Skaakspeler presteer: Stephan en Petrie de Wit het die afgelope vakansie aan die SA Ope Skaakkampioenskappe deelgeneem te Bloemfontein.
Stephan behaal ‘n puik tweede plek in sy ouderdomsgroepering en het dus sodoende ‘n silwermedalje verower. Dit is ‘n uitsonderlike prestasie – baie geluk Stephan.
Stephan en Petrie is ook reeds uitgenooi om aan die Wêreld Jeug Skaakkampioenskappe deel te neem.
Hierdie toernooi vind plaas vanaf 19 September te Durban.
Ons wens Stephan en Petrie by voorbaat sterkte toe met hul deelname.
LMS Kalender:
1 Augustus – Wintersporttoekennings



