Volksrust Hoër presteer in Gymkhana
Drie Volksrust Hoerskool leerders het as lede van die Majuba Tentpegging Klub deelgeneem aan die KwaZulu-Natal Kampionskap op 26 Julie in Newcastle. Hulle het die volgende plekke met medaljies behaal in die junior afdeling. Nicole de Robillard op Yslik: 1ste seksie lans, 2d individuele lans, 3de half seksie lans en 3de indiese gelid swaard. Armand …

Drie Volksrust Hoerskool leerders het as lede van die Majuba Tentpegging Klub deelgeneem aan die KwaZulu-Natal Kampionskap op 26 Julie in Newcastle. Hulle het die volgende plekke met medaljies behaal in die junior afdeling.
Nicole de Robillard op Yslik: 1ste seksie lans, 2d individuele lans, 3de half seksie lans en 3de indiese gelid swaard.
Armand van den Berg op Nantes: 1ste enkel swaard, 1ste half seksie swaard, 1ste indiese gelid lans, 2de behendigheid met wapens, 3de seksie swaard, en 3de algeheel met 171 punte.
Tisha Willemse op Blanko: 1ste half seksie lans, 1ste seksie lans, 3de indiese gelid swaard, 3de behendigheid met wapens en 2de algeheel met 172,5 punte.
Tydens die jaarfunksie, is die Junior KZN-span aangewys op meriete van die ruiters se 4 beste kompetisies die afgelope jaar.?
Armand van den Berg is aangewys as die seun met die meeste Natalpunte met ‘n totaal van 726 en het die Van Rooyen Wisseltrofee vir hierdie prestasie ontvang. Hy het ook die Ben Lund en die Vryheid Landbou Wisseltrofee as Victor Ludorum ontvang. Hy word aangewys as die onder-kaptein van die Junior Provinsiale Tentpegging Span.
Tisha Willemse is weer aangewys as die dogter met die meeste punte in Natal en het die Desby Joubert trofee ontvang.Vir die “Best Man at Arms-Girls” was die O’Donaghue trofee aan haar toegeken. Tisha het ook die Hennie Odendaal trofee vir die 2de jaar as die netjiesste ruiter en perd ontvang. Sy is ook aangewys as lid van die Junior KZN Provinsiale Tentpegging Span en is algeheel 2de in die provinsie met 700 punte.
Die Provinsiale Junior Tentpegging Span bestaan uit 5 lede wat Natal in Desember by die Inter-provinsiale Kampioenskappe in Bethlehem gaan verteenwoordig.



