Begaafde jong rugbyspeler gekies as Bokkie
MARNO Crathorne, ‘n 14-jarige leerling aan Hoërskool Pionier, is gekies om Natal te verteenwoordig by die AVS Winter Bokkie week rugby toernooi te Naboomspruit gedurende die Julie vakansie. Gedurende die week neem daar 16 unies deel aan die toernooi, waarvan daar ‘n nasionale span gekies word aan die einde van die toernooi. Hy behaal verder sukses …
MARNO Crathorne, ‘n 14-jarige leerling aan Hoërskool Pionier, is gekies om Natal te verteenwoordig by die AVS Winter Bokkie week rugby toernooi te Naboomspruit gedurende die Julie vakansie.
Gedurende die week neem daar 16 unies deel aan die toernooi, waarvan daar ‘n nasionale span gekies word aan die einde van die toernooi.
Hy behaal verder sukses en word gekies vir die SA o/14A Duikerspan.
Marno is ook die enigste speler van Natal wat gekies is vir die span.
Die toer is vanaf 1 tot 12 Oktober na Georgië in Noord Amerika.
Daar is huidiglik ‘n gholfdag gereel vir 13 September, ‘n fonds insameling ten bate van Marno se toer na Georgie. Enige bydrae is welkom.
Kontak Desmond Crathorne vir enige verdere navrae op 083 375 2647.



