Lucas Meyer Primêre Skool – Puik presteerders in Wintersport
NA AFLOOP van ‘n besige, maar suksesvolle, wintersportseisoen was dit ‘n voorreg om aan verskeie leerlinge wat gevorder of puik presteer het, erkenning te gee. ‘n Groot groep ouers het die oggendfunksie bygewoon en mnr Ruan Combrinck, oudskolier van LMS en o/19A SA speler en huidige Lions-speler, het die prystoekennings waargeneem. Die hoof en onderleiers …
NA AFLOOP van ‘n besige, maar suksesvolle, wintersportseisoen was dit ‘n voorreg om aan verskeie leerlinge wat gevorder of puik presteer het, erkenning te gee.
‘n Groot groep ouers het die oggendfunksie bygewoon en mnr Ruan Combrinck, oudskolier van LMS en o/19A SA speler en huidige Lions-speler, het die prystoekennings waargeneem.
Die hoof en onderleiers vir 2014, Ryno Swanepoel; Carla Viljoen; Jaco Coetzee en Nicea Strydom, het op ‘n puik wyse die opening, verwelkoming en bedankings hanteer.
Die volgende leerlinge word aangewys as die toppresteerders in rugby, hokkie en netbal:
- Beste Junior Rugbyspeler: Wian Davel
- Beste Senior Rugbyspeler: JJ Foord
- Beste Junior Hokkiespeler: Landi Erasmus
- Beste Senior Hokkiespeler: Nicea Strydom
- Beste Junior Netbalspeler: Cay-Li Birkenstock
- Beste Senior Netbalspeler: Caitlin Langner
Die volgende spanne was ook gedurende die seisoen onoorwonne:
- Hokkie: o/7A; o/9; derde; tweede en eerste span
- Netbal: tweede span
- Rugby: o/7 en o/10 span
Baie geluk aan alle leerlinge en spanne wat puik presteer het. Dit is ook die toewyding en tyd afgestaan deur ouers en personeel wat deel is van ons wintersportspanne se suksesse.
Baie dankie aan elke ouer wat die seisoen deel was van ons afrigtingspan.
Krieket: Die 2014 krieketseisoen het in aanvang geneem en die eerstespan wen in hul eerste wedstryd teen Pongola.
Pongola teken 88 lopies aan en LMS 108. SW Craig vaar die beste met die kolf en Daniël Smuts neem drie paaltjies vir 23 lopies.
LMS Kalender
11 Augustus – Eisteddfod
11-14 Augustus – Graad 6 toer
13 Augustus – LMS Minikrieket-toernooi 0/7 – 0/9


