Hoërskool Pionier – Bristol Grammar toerspan ‘n belewenis
PIONIER was so bevoorreg om as gasheer vir die toerspan van Bristol in Engeland op te tree. Dit was vir die hele gemeenskap ‘n nuwe ervaring om die kultuur van die Engelse te ondervind. Baie dankie aan elke huisgesin wat met soveel gasvryheid die toerspan gehuisves het. Pionier het twee rugbyspanne gehad wat teen die …

PIONIER was so bevoorreg om as gasheer vir die toerspan van Bristol in Engeland op te tree.
Dit was vir die hele gemeenskap ‘n nuwe ervaring om die kultuur van die Engelse te ondervind. Baie dankie aan elke huisgesin wat met soveel gasvryheid die toerspan gehuisves het.
Pionier het twee rugbyspanne gehad wat teen die Engelse gewedywer het. Die o/17 span wen 19-7 en die o/18-span wen 14-10.
Die netbal eerstespan wen met ‘n wegholtelling van 37-15. Baie geluk, dogters.
‘n Gekombineerde o/18-hokkiespan verloor ongelukkig 0-3 teen ‘n sterk span van Bristol.
Dit was goeie ondervinding en waardevolle lesse vir die nuwe seisoen is opgedoen.
Skyfskiet: Die interskole skyfskiet vind 1- en 2 Augustus te Pionier plaas. 62 skuts het deelgeneem. In die o/21 sporterklas, eindig Lize Claassen eerste; Bianca Wagner tweede; Christiaan Koekemoer is vierde en Jacques von Romburgh verwerf ‘n tiendeplek.
In die o/16 veerklas is Heinrich Harris eerste en Johan Harris vyfde. In die o/16 sporterklas is James Visagie eerste en Theo Duvenage sesde. By die o/14 sporterklas neem Pieter Claassen deel en behaal ‘n eersteplek. Van die 18 trofeë het Pionier 10 gewen, geluk aan al die skuts!
Tennis: Pionier speel Woensdag, 30 Julie, teen Vryheid Hoërskool tennis. Ses seuns en vier dogters speel. Pionier verloor ongelukkig hierdie wedstryde teen Vryheid Hoër.
Liberty 7’s-toernooi: Pionier is opgewonde oor die Liberty 7’s-toernooi wat 29 en 30 Augustus te Pionier plaasvind. Dit beloof om ‘n skouspel van rugby te wees. Die gemeenskap word genooi om hierdie naweek van rugby en vermaak by te woon.





