o/15 krieketspan wen eerste wedstryd van die seisoen
Volksrust Hoërskool o/15 krieketspan het met 52 lopies in die eerste wedstryd van die seisoen teen Piet Retief gewen op 5 Augustus. Spelers het goed gevaar met Braam Kramer wat 58 lopies aangeteken het, asook Soaib Shaffir met 43 lopies. Die o/15’s het ook uitstekend gevaar met hulle boulwerk. Braam het drie paaltjies vir slegs …
Volksrust Hoërskool o/15 krieketspan het met 52 lopies in die eerste wedstryd van die seisoen teen Piet Retief gewen op 5 Augustus.
Spelers het goed gevaar met Braam Kramer wat 58 lopies aangeteken het, asook Soaib Shaffir met 43 lopies.
Die o/15’s het ook uitstekend gevaar met hulle boulwerk. Braam het drie paaltjies vir slegs sewe lopies geneem, Pierre Uys het twee paaltjies vir elf lopies geneem en Shoaib het twee paaltjies vir 15 lopies geneem. Braam is as die man van die wedstryd aangewys.
In hulle tweede wedstryd van die seisoen het die span ongelukkig met sewe paaltjies teen ‘n baie sterk o/15 span van Ermelo verloor. Volksrust Hoërskool kon egter net drie paaltjies laat kantel. Pierre is aangewys as die man van die wedstryd nadat hy twee paaltjies laat kantel het.



