Volksrust Hoër speel uit vir Beeldtroffee
Volksrust Hoërskool se eerste rugbyspan het teen Transvalia uitgespeel vir die Beeldtrofee op Saterdag, 2 Augustus. Volksrust Hoër was voor 16-14 met halftyd danksy SW van Wyk wat drie strafskoppe oorgeskop het. Arno Moolman het ‘n pragtige drie gedruk wat deur SW verdoel is. Volksrust het in die tweede helfte teen die wind gespeel en …
Volksrust Hoërskool se eerste rugbyspan het teen Transvalia uitgespeel vir die Beeldtrofee op Saterdag, 2 Augustus.
Volksrust Hoër was voor 16-14 met halftyd danksy SW van Wyk wat drie strafskoppe oorgeskop het. Arno Moolman het ‘n pragtige drie gedruk wat deur SW verdoel is.
Volksrust het in die tweede helfte teen die wind gespeel en die wedstryd het wipplank gery. Volksrust Hoër het hard probeer maar Transvalia het die wedstryd met 28-22 gewen.
Die eerstespan wil vir al hulle ondersteuners baie dankie sê, asook die ouers, oud-Volkies, 1984 se matrieks en Danie, Dolf en Tekkies.
Volksrust Hoërskool is trots op die eerstespan vir al hulle harde werk tydens die seisoen.



