NewsSchools

100% medaljes vir Ichthus leerlinge by Wetenskap Expo

Die skool nooi belangstellende ouers en kinders na Ichthus se opedag uit op Woensdag, Augustus 27. Kinders: 8vm tot 12nm; ouers: 6nm tot 7nm.

Al Ichthus se tien Graad 7 leerlinge het op Vrydag, Augustus 8 aan die Wetenskap Expo te Ladysmith deelgeneem en almal met medaljes huis toe gekom! Baie geluk aan die leerlinge en baie dankie aan die personeel en ouers wat die leerlinge bygestaan het!


Tamarah Grierson en Yolanda Bidla: silwer medaljes vir hulle projek oor watter tandeborsel – gewone of elektries – die beste is. Vukile Buthelezi en Tadiwa Chawanda: silwer medaljes vir hulle projek oor ‘n oplossing vir kinders wat op hulle stoele ry.
Tian Reis en Ethan Leyland: silwer medaljes vir hulle projek oor die impak van ‘n groot koolstofvoetspoor op ons omgewing.


Nkululeko Malunga en Mthokozisi Ngubane: silwer medaljes vir hulle projek oor of ‘n hoë suiker-inname ‘n invloed op jou handskrif sal hê. Jan-Frederik van Zyl en Andrea Oosthuizen: brons medaljes vir hulle projek oor of daar voldoende ouertoesig is wanneer kinders blootstelling aan onvanpaste media het.

Ichthus bedank Me Jean Anderson en haar span by Egerton vir hulle jaarlikse toewyding om van die Wetenskap Expo so ‘n sukses te maak! Anél de Goede, ‘n Graad 5 leerling van Ichthus, het geskiedenis gemaak deur die eerste Ichthus-leerling te wees wat aan die ATKV Nasionale Redenaarskompetisie te gaan deelneem!

Anél het ATKV se KZN Provinsiale rondte in haar ouderdomsgroep gewen en na die nasionale rondte te Buffelspoort deurgedring. Sy en al die ander landswye deelnemers het hulle uitmuntend van hulle taak gekwyt! Alhoewel sy nie met ‘n toekenning teruggekom het nie, is Ichthus baie trots op haar en weet dat sy wonderlike blootstelling gehad het.


Die skool nooi belangstellende ouers en kinders na Ichthus se opedag uit op Woensdag, Augustus 27. Kinders: 8vm tot 12nm; ouers: 6nm tot 7nm.
Vir alle navrae kan Ichthus by 034 212 1276 gekontak word. Ichthus sien daarna uit om ouers en kinders by die skool te ontvang!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button