Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Hoërskool Pionier: Liberty 7s: Iets om te beleef

‘n BEDRYWIGE week by Pionier kom met ‘n baie suksesvolle Footloose produksie tot ‘n einde. Tweekamp: Op 16 Augustus, neem 14 Pionier leerlinge aan ‘n tweekamp (bergfiets en draf) te Treverton College, Mooirivier, deel. Die leerlinge vaar baie goed. In die individuele resies, bestaande uit 5km draf en 20km bergfiets, behaal Pichard Delport ‘n algehele …

‘n BEDRYWIGE week by Pionier kom met ‘n baie suksesvolle Footloose produksie tot ‘n einde.

Tweekamp: Op 16 Augustus, neem 14 Pionier leerlinge aan ‘n tweekamp (bergfiets en draf) te Treverton College, Mooirivier, deel.

Die leerlinge vaar baie goed. In die individuele resies, bestaande uit 5km draf en 20km bergfiets, behaal Pichard Delport ‘n algehele vierdeplek, en Christopher Doust ‘n negendeplek in die o/18-ouderdomsgroep. In die spanafdeling, behaal Nicole Pelzer en Ernest Franzen ‘n eersteplek en Dewald Gouws en Ruan Naudé ‘n tweedeplek. In die halfresies (2.5 km draf en 10km bergfiets) behaal ons spanne ‘n derde-, agtste- tiende- en dertiende posisie. Baie geluk aan almal.

Skyfskiet: Die natalproewe is Saterdag, 16 Augustus te Pionier gehou. Sestig skuts het deelgeneem. Die span van Natal wat SA’s toe gaan bestaan uit 40 skuts. Al elf skuts van Pionier het die span gemaak. Baie geluk aan Lize Claassen; Pieter Claassen; Theo Duvenage; Heinrich Harris; Johan Harris; Christiaan Koekemoer; Louise Martens; Mari Myburgh; Jacques van Romburgh; James Visagie en Bianca Wagener. Lize Claassen word as die kaptein van die span aangewys met Louise Martens as die onder-kaptein. Hierdie span neem in die Oktober-vakansie aan die SA’s, te Roodepoort, deel.

Koor: Die afgelope week was ‘n bedrywige week vir Pionier se koor. Hulle neem deel aan die NRS koorfees, tree op by die Newcastle koorfees en behaal ‘n dubbel goud by die eisteddfod te Empangeni. Baie geluk!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button