Lucas Meyer Primêre Skool: Wie het gesê skoolwerk kan nie pret wees nie?
ALLE Graad 6 leerlinge en personeel het op Maandag, 11 Augustus met groot opgewondenheid vertrek na Babanango Valley Rekreasie Sentrum, vir die jaarlikse Graad 6 avontuurkamp. Daar is op pad by Isandlwana geskiedkundige terrein vertoef vir ‘n inligtingsessie oor die wêreldberoemde veldslag. By die Babanango Valley Sentrum aangekom is daar in groepe verdeel en kon …
ALLE Graad 6 leerlinge en personeel het op Maandag, 11 Augustus met groot opgewondenheid vertrek na Babanango Valley Rekreasie Sentrum, vir die jaarlikse Graad 6 avontuurkamp.
Daar is op pad by Isandlwana geskiedkundige terrein vertoef vir ‘n inligtingsessie oor die wêreldberoemde veldslag.
By die Babanango Valley Sentrum aangekom is daar in groepe verdeel en kon daar gou nes geskrop word. Daarna is daar begin met verskeie aktiwiteite wat klem gelê het op groepwerk, samewerking, probleemoplossing en leierskap. Die leerlinge en personeel het veral die arachnida, waterstudie en praatjie oor die sterre baie geniet en leersaam gevind.
Baie dankie aan ons ouers wat hierdie toer moontlik gemaak het vir die kinders. Dankie aan ons Graad 6 personeel vir alle reëlings en betrokkenheid, asook die groot verantwoordelikheid: Mej Anta Janse van Rensburg (Graadhoof) asook Mnr Cassie Smith en Mev Annelie Smith.
Krieketsportnuus: LMS o/11 vs Michaelis op Dinsdag, 12 Augustus. LMS kolf eerste en teken 167 lopies vir 4 paaltjies in 20 beurte aan. Michaelis antwoord met 95 lopies vir 8 paaltjies in 20 beurte. Cole van Rooyen kolf uitstekend en teken ‘n onoorwonne 105 lopies aan. Baie geluk.
Jaden van Eck en Jacques van Nieuwenhuizen boul goed en neem elk 2 paaltjies vir 13 en 14 lopies onderskeidelik.
Mini-toernooi: Op Woensdag, 13 Augustus, bied ons ‘n mini-toernooi aan op ons velde. Baie geluk aan elke speler wat hierdie pretgeleentheid meegemaak het. Besoekende skole was vol lof vir goeie organisasie en mooi gesindheid wat deurgaans geheers het. Baie dankie aan Mev Marelize Joubert vir alle reëlings, asook alle ander personeel betrokke by mini-krieket.
Wittenberg Sewestoernooi: Die volgende o/11 seuns het gedurende die afgelope naweek na Wittenberg gereis vir deelname aan hul toernooi: Cole van Rooyen; Martin Jacobs; Jaden Dippenaar; Jaden van Eck; Ryan van Wyk; JD Jonker en Jaco van Nieuwenhuizen.
Alhoewel die toernooi uiteindelik as gevolg van reënweer gekanselleer moes word, het hierdie seuns beide wedstryde wat gespeel kon word, oortuigend gewen. Hul goeie spel en entoesiasme het hulle ook die gunstelinge gemaak om die toernooi te wen.
Baie dankie aan Mnr. Pieter Venter vir sy afrigting en betrokkenheid.
LMS Kalender:
23 Augustus – Lollos by LMS
25 – 28 Augustus – Graad 7 toer



