Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Nuwe Republiek Skool: Visvangspan die beste in Natal

NRS spog met die hengelkampioene in KwaZulu-Natal! ‘n Week gelede is ons visvangspan aangewys as die o/13-kampioenspan in Natal. Die span bestaan uit Wynand Marinus; Tiaan Schutte; Stephan Schutte en Sheldon Fuchs. Wynand Marinus is dan ook as die algehele o/13-wenner aangewys. Welgedaan, hengelaars! Koorfees: Verlede Dinsdagaand het NRS ‘n baie geslaagde koorfees in die …

NRS spog met die hengelkampioene in KwaZulu-Natal!

‘n Week gelede is ons visvangspan aangewys as die o/13-kampioenspan in Natal. Die span bestaan uit Wynand Marinus; Tiaan Schutte; Stephan Schutte en Sheldon Fuchs. Wynand Marinus is dan ook as die algehele o/13-wenner aangewys. Welgedaan, hengelaars!

Koorfees: Verlede Dinsdagaand het NRS ‘n baie geslaagde koorfees in die saal van Hoërskool Vryheid aangebied.

Die skoolkore wat opgetree het, is dié van NRS, Hoërskool Vryheid, Hoërskool Pionier, Hoërskool Landbou, asook die junior en senior kore van Inkamana.

Die gehoor is verder vermaak deur Hoërskool Vryheid se koperblaasensemble en hulle dromseksie. Dit was beslis ‘n luisterryke aand met koorsang uit die boonste rakke. Die kore het in ‘n aangename atmosfeer voor ‘n waarderende gehoor in ‘n volgepakte saal opgetree.

Baie dankie aan mev Ria Grobler vir haar goeie organisering en aan almal wat meegewerk het om so ‘n sukses van die aand te maak.

Atletiek: Op 14 en 15 Augustus, het NRS se interne atletiekbyeenkoms plaasgevind vir ons o/9 tot o/14 leerders.

Die kinders kon hulle eie spanne met unieke name in die onderskeie ouderdomsgroepe saamstel en hulle het in groot getalle deelgeneem. Die byeenkoms is veral gekenmerk deur die o/9’s se massadeelname, danksy die Graad 3 onderwyseresse se uitstekende motivering en kontrole.

Die uitslae sal eers later bekend gemaak word as al die punte verwerk is. Intussen, ‘n groot dankie aan elke leerkrag wat sy / haar deel gedoen het om die byeenkoms so vlot te laat verloop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button