Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Hoërskool Pionier – Uiters suksesvolle Footloose produksie ‘n besprekingspunt

‘n BEDRYWIGE week by Hoërskool Pionier lê voor. Die jaarlikse koshuisweek neem aanvang en die Pionier Liberty 7’s-toernooi vind die naweek plaas. Pionier nooi ieder en elk om hierdie prestige toernooi by te woon. Footloose produksie: Wat ‘n week van optredes! Maande se harde werk het afbetaal. Baie geluk aan elke personeellid, karakter, sanger, danser …

‘n BEDRYWIGE week by Hoërskool Pionier lê voor.

Die jaarlikse koshuisweek neem aanvang en die Pionier Liberty 7’s-toernooi vind die naweek plaas. Pionier nooi ieder en elk om hierdie prestige toernooi by te woon.

Footloose produksie: Wat ‘n week van optredes! Maande se harde werk het afbetaal. Baie geluk aan elke personeellid, karakter, sanger, danser en hulp wat van hierdie produksie ‘n groot sukses gemaak het. Vir jare lank sal daar nog oor hierdie produksie gepraat word, hoogstaande kwaliteit was aan die orde van die dag. Baie geluk!

7’s rugby: Die 7’s-span het na Pietermaritzburg gereis om aan die Maritzburg toernooi deel te neem. In die eerste wedstryd wen Pionier 52-0 teen John Ross College. In die tweede wedstryd wen Pionier 26-5 teen Maritzburg College en in die derde wedstryd 63-7 teen Alexander College. Pionier wen ook 36-14 teen Port Natal. Pionier val ongelukkig in die semi-finaal teen Glenwood met ‘n telling van 10-17 vas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button