Steve Hofmeyr – Toeka 3
En terwyl ons wag vir ’n moontlike vierde en selfs ’n vyfde hoofstuk in die Toeka-franchise, wees gerus dat Toeka 3ook gewaarborg is om meer as ’n handvol van Steve se medewerkershul regmatige plek in die heldesaal te besorg, soos dit hoort.

Uiteindelik, sou sommige mense sê.
Bitter min in die wêreld kan aanspraak maak daarop dat hulle as sanger, liedjieskrywer, outeur, vervaardiger, aanbieder, aktivis en akteurdie trefferlyste op radio, CD en DVD domineer het juis soos Steve Hofmeyr met gemak in byna drie dekades vermag het. Noudat dielangverwagte derde aflewering van die multiplatinumbekroonde Toeka-reeksdie lig gesien het, staan hy reg om sy status te bevestig as een van Suid Afrika se hardwerkendste suksesstories – kritiek en kommersieel – oor die afgelope 30 jaar.
In 2013 het Steve 25 jaar van treffermusiekmaak gevier. ’n Jaar later, onderwyl hy besig was om internasionaal te toer en boeke te skryf, keer Hofmeyr terugmet nie minder nie as 17 juwele wat weer blinkgepoets is, elkeen gelaai met onverdunde nostalgie, tesame met twee bykomende splinternuwe oorspronklike werke om Toeka sebeproefde formule van herinterpreteerde klassieke wenners te komplementeer.
Met Toeka 3 se eerste enkelspeler, “Sit die ligte aan”,wat alreeds die nasionaleenstreeksradiotrefferlyste klim, tref Steve se stem die kol met ’n onvergeetlike liriese onderstroomen uiters aansteeklike melodieë – waarvan beide die aanhangers aantrek na ’n manier van stories vertel wat waarlik bemeester word deur die skepper daarvan.
Sedert 2003 se eerste versameling en 2004 se Toeka2 CD-en-DVD-vrystelling, werk Steve noukeurig deur ’n oorspronklike lys saamgestel uit versoeke van aanhangers van liedjies wat deur ander beroemd gemaak is – maar hulle smeek om Steveseweergawe daarvan. Met meer as 70 gewilde opsiesnou afgeskaal na 17 treffersen goeie herinneringe wat destyds deur kunstenaars soos Fanie de Jager (“Ek kykgraagso diep in jou oë”), Cindy Alter(“Substitute”) en Herbie&Spence (“My Enigste Een”), en Anton Goosen (“Kruidjie-Roer-My-Nie”) gesing is,hierdiederde aflewering van klassieke Afrikaans-geankerdeen Engels-gegeurde treffers van gisterloop Toeka 3oor metswaargewigte en sommige van die bestes in die bedryf.
Met nuwe paaieen vars musikaleafleidingsregdeur elke snit wat hier saamgevatis, onderstreep Toeka 3 alles wat opgewek en pret is (“Hak hom Blokkies”), tot die kontroversiële (“Die Stem”),en geluksalige oorspronklikheid tussenin. “Die album sluit nie net myouer heldein nie maar ook my tydgenote,” voeg Steve by. “Van André Schwartz se ‘Kom terug’ en Danie Botha se ‘Wie kan dit verstaan?’ reg deur tot myallergunsteling, ‘Live On’van Pierre de Charmoy, wat my loopbaan definieer het.Daarby was dit vir my nog ’n hoogtepunt om deur die liedjies te sif en te oorweeg watter om te kies uit so ’n magdom moontlikhede.”
En terwyl ons wag vir ’n moontlike vierde en selfs ’n vyfde hoofstuk in die Toeka-franchise, wees gerus dat Toeka 3ook gewaarborg is om meer as ’n handvol van Steve se medewerkershul regmatige plek in die heldesaal te besorg, soos dit hoort.
Steve tree more aand, 5 September 2014 in Newcastle op. Kaartjies is beskikbaar by Huttenpark Apteek en Franle Aprteek. Maak seker jy koop jou kaartjies voordat dit uitverkoop. Konsert is 7pm.



