Latest NewsLocal newsNewsSchoolsSport

NRS: Jong krieketsterre aan die styg

OP SATERDAG, 23 Augustus, het ons o/7 en o/8 minikrieketspanne te midde van groot opgewondenheid na Utrecht vertrek om aan die jaarlikse Dolfyntjie Minikriekettoernooi deel te neem. Beide hierdie spanne wen twee van die drie wedstryde wat hulle gespeel het. NRS is baie trots op hierdie entoesiastiese krieketspelertjies. Baie dankie aan Utrecht wat die toernooi …

OP SATERDAG, 23 Augustus, het ons o/7 en o/8 minikrieketspanne te midde van groot opgewondenheid na Utrecht vertrek om aan die jaarlikse Dolfyntjie Minikriekettoernooi deel te neem.

Beide hierdie spanne wen twee van die drie wedstryde wat hulle gespeel het. NRS is baie trots op hierdie entoesiastiese krieketspelertjies. Baie dankie aan Utrecht wat die toernooi gereël het en hierdie geleentheid vir ons jong spelertjies geskep het.

Krieket: Verlede Dinsdag het ons o/11 span op ons tuisveld teen Lucas Meyer gespeel. NRS is eerste ingestuur om te kolf en teken 46 lopies vir 10 paaltjies aan, maar verloor uiteindelik die wedstryd met nege paaltjies. Ons beste kolwer was Leo Mattison wat 13 lopies aangeteken het. Zander van Greuning was ons beste bouler van die dag. Ons o/13 span het Donderdag ‘n wedstryd teen Lucas Meyer gaan speel. NRS kolf eerste en teken 62 lopies vir 10 paaltjies aan. Hulle verloor die wedstryd met sewe paaltjies. Ons beste kolwer was Joshua Stride met 21 lopies en ons beste boulers was OJ Hughes en Zander van Greuning wat elk een paaltjie vir onderskeidelik 27 en 30 lopies geneem het. Sewes-rugby: NRS se o/12 span het die afgelope naweek in Pietermaritzburg gaan deelneem aan ‘n sewes rugbytoernooi wat deur Michaelhouse aangebied is. Uit die vier wedstryde wat hulle gespeel het, het NRS een gewen, een gelykop gespeel en twee verloor. Dit was ‘n groot ondervinding vir ons seuns om by Michaelhouse tuis te gaan. Hulle is nou so gemotiveerd om eendag in sewes rugby aan die Olimpiese Spele deel te neem!

Belangrike datums:

5 en 6 September: Clivia-skou in die Ben Pienaarsaal

9 September: o/11 krieket teen Michaelis (tuis)

11 September: o/13 krieket teen Lüneburg (tuis)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button