Skoonheid en spierkrag by PHS
MET DIE aanvang van ‘n nuwe lenteseisoen op 1 September, het Pionier se Graad 10’s die twee huise van bejaardes besoek om kleurvolle rose te oorhandig. Pionier se koshuis is ‘n miernes van bedrywighede met die koshuisserenade wat hierdie jaar se koshuisweek afsluit. Liberty 7’s-toernooi: Die jaarlikse 7’s toernooi was ‘n reuse sukses ondanks die …
MET DIE aanvang van ‘n nuwe lenteseisoen op 1 September, het Pionier se Graad 10’s die twee huise van bejaardes besoek om kleurvolle rose te oorhandig.
Pionier se koshuis is ‘n miernes van bedrywighede met die koshuisserenade wat hierdie jaar se koshuisweek afsluit.
Liberty 7’s-toernooi: Die jaarlikse 7’s toernooi was ‘n reuse sukses ondanks die gure weersomstandighede. Ons is baie trots op ons eie 7’s-span, wat ‘n tweede plek in die toernooi behaal het. Pionier speel Vrydag teen St Charles en wen met ‘n telling van 24 – 5. Saterdag speel Pionier teen Montana en wen 32 – 7 en Hoër Volkskool Heidelberg B-span wen 40-5 in die groepwedstryde. In die kwarteindrondte wen Pionier teen Ferrum 36-0, in die semi-finaal speel Pionier weer teen St Charles wen 24-0 en in die finaal teen HTS Middelburg en verloor 19-26 in ekstratyd.
Mej Pionier: Ons sê baie geluk aan Elizca Olsen wat gekroon is as mej Pionier 2014. Chrische van den Berg is as die eerste prinses en Karla Combrinck die tweede prinses, aangewys. Baie geluk ook aan mej Fotogenies, Chrische van den Berg en die mej Persoonlikheid vir 2014 is Simoné Bornman.
Program van die week: 5 en 6 September: Hokkie- en Netbal Fast 5 toernooi te Krugersdorp; 6 September: 7’s-toernooi te Glenwood College.



