Latest NewsNewsSchool sportSchoolsSport

Hoërskool Pionier – Dogters neem deel aan Fast Five Toernooi

DIE dogters neem deel aan die Fast Five toernooi te Krugersdorp. Die netbalspan speel moeilike uitspeelwedstryde teen Hoërskool Krugersdorp, Fourways High School, Northern Academy en Hoërskool Pietersburg. Pionier speel in die finaal vir die plaat teen HTS Middelburg. Pionier wen die wedstryd 25-24. Baie geluk. Die hokkie neem drie spanne om deel te neem , …

DIE dogters neem deel aan die Fast Five toernooi te Krugersdorp.

Die netbalspan speel moeilike uitspeelwedstryde teen Hoërskool Krugersdorp, Fourways High School, Northern Academy en Hoërskool Pietersburg. Pionier speel in die finaal vir die plaat teen HTS Middelburg. Pionier wen die wedstryd 25-24. Baie geluk.

Die hokkie neem drie spanne om deel te neem , ‘n seunspan en ‘n junior- en senior meisiespan. Beide die meisiespanne wen die skildtrofee. Hul neem teen baie ervare spanne deel en wys waarom Pionier bekend is vir hul veggees en deursettingsvermoë. Die hokkiespelers het uitblinker hokkie gespeel, Pionier is trots!

Sewes toernooi te Glenwood College: Pionier speel hul eerste wedstryd teen Hilton College en wen 21-12. Teen DHS se van Heerden 15 wen Pionier 28-21. Pionier wen Sarel Cilliers 21-7. Ongelukkig verloor Pionier 5-27 teen Westville en in die plaat semi-finaal verloor ons 12-28 teen Glenwood College.

Skyfskiet: Louise Martens neem die afgelope naweek aan die KZN-ope te Durban deel. Sy wen die 3P en die 10m staan in haar ouderdomsgroep. Sy skiet ook die hoogste punte in die sporterklas vir die naweek. Baie geluk met hierdie puik prestasie, Louise!

Leerlingbestuur van 2014/2015: Graag maak Pionier die name van die volgende skoolbestuur bekend: Anandi Blaauw; Ashley Fourie; Keeza Kriel; Anneri Lens; Emminé Mostert; Naomi Müller; Cleo Nel; Elizca Olsen; Nicole Pelzer; Heidi Steffen; Madie Swanepoel; Jacqueline van Staden; Suzanne van Straaten; Bernadette Wenning; Rudi Barkhuizen; Franco Botha; Dijan du Plooy; Jeandré Harms; Stephan Kruger; Riaan le Roux; Jan Marais; Keagan Naudé; Rudi Potgieter; Henco Rheeder; Bernard Sadie; Christiaan Swanepoel; Ryan van der Westhuizen en Nathon Viljoen.

Koshuisprefekte: Simoné Bornman; Daniëlle Kirsten; Keeza Kriel; Naomi Müller; Cleo Nel; Elizca Olsen; Lisa-Mari Rossouw; Heidi Steffen; Elné van der Merwe; Jacqueline van Staden; Suzanne van Straaten; Bernadette Wenning; Rudi Barkhuizen; Ross Bird; Dijan du Plooy; Marcel Goosen; Jeandré Harms; Maritz Jansen van Rensburg; Henco Rheeder; Bernard Sadie; Chris Swart; Ryan van der Westhuizen; Richardo van Wyk en Nathon Viljoen.

Die Fast Five hokkiedogters van PHS.
Die Fast Five hokkiedogters van PHS.
Die Fast Five netbaldogters van PHS.
Die Fast Five netbaldogters van PHS.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button