Latest NewsNewsSchool sportSchoolsSport

Lucas Meyer Primêre Skool – Opedag met styl en welslae aangebied

‘n OPGEWONDE groepie voornemende graad 1 en graad R kinders het LMS se terrein betree, saam met hul ouers. Natuurlik was alle reëlings afgehandel en was ons slaggereed vir elke vraag of versoek wat deur voornemende ouers gevra is. Die voornemende LMS’ers en alle graadgroepe is met ‘n goeie oriënteringprogram ontvang en daar is ook …

‘n OPGEWONDE groepie voornemende graad 1 en graad R kinders het LMS se terrein betree, saam met hul ouers.

Natuurlik was alle reëlings afgehandel en was ons slaggereed vir elke vraag of versoek wat deur voornemende ouers gevra is. Die voornemende LMS’ers en alle graadgroepe is met ‘n goeie oriënteringprogram ontvang en daar is ook besoeke aan die rekenaarkamer en die sangklas gebring. Alle graadgroepe het vanjaar ‘n goedvoorbereide opedag beleef en sommige leerlinge het besluit hulle wil sommer nou al die volgende jaar begin aandurf. Verskeie ouers en personeel het saamgespan om van die dag ‘n groot sukses te maak en van die ontvangs tot vergeselde besoek aan die skool het onder goeie gees plaasgevind. Baie dankie juf Van Rensburg en haar span vir puik reëlings.

Mondi Eisteddfod 2014: Baie geluk aan al die leerlinge wat aan die Eisteddfod te Richardsbaai deelgeneem het op 11 Augustus.

61 van Lucas Meyer se leerders het deelgeneem aan die Individuele Voordrag Kategorie. Ons LMS’ers bring die volgende toekennings huis toe: 11 goud; 10 silwer en vier brons. Baie geluk aan Rebecca Barnard wat ‘n spesiale toekenning verwerf het met haar deelname aan die Solo Dramatiserings Kategorie.

Sportuitslae: Krieket: Baie geluk aan Cole van Rooyen; Jaden Dippenaar; Jaden van Eck; Martin Jacobs; JD Jonker en Jacques van Nieuwenhuizen, wat gekies is vir die NKZN krieketspan wat gaan deelneem aan die Inlands krieketproewe. LMS vs Michaelis: Die kolwers van LMS vaar goed en teken 123 lopies aan. Michaelis teken 67 lopies in 14 beurte aan vir 10 paaltjies. Jaco Coetzee teken 41, nie uit nie, en Tiaan Marais neem vier paaltjies vir 18 in vier beurte. Daniel Smuts neem twee vir vyf in drie beurte. Die o/11 krieketspan verloor teen Pongola, maar Jacques van Nieuwenhuizen teken 24 lopies aan en neem ook twee paaltjies vir 18 lopies. Jaden Dippenaar teken 16 lopies aan.

Tennis: Die jong span vaar goed teen Monument. Die dogters verloor 14 potte teen 11 en die dubbels ses teen vier.

Die seuns verloor 15-5 en 9-1. Die LMS tennisspan spog egter met hul nuwe tennishemde en lyk so goed soos Wimbledon.

Baie dankie aan al die borge vir hul bydraes.

Ruitersport: Nina Terblanche en Christelle Liebenberg is gekies vir die Mpumalanga A-span en neem deel aan die SA’s van 9 tot 11 Oktober in Pretoria.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button