Latest NewsLocal newsNewsSchool sportSchoolsSport

Hoërskool Pionier – Matrieks sê totsiens

Graag wens Pionier alle leerlinge, ouers en personeel ‘n welverdiende, kort ruskans toe. Mag ieder en elk geseënd wees daar waar hul ook mag verkeer met vriende en familie gedurende die skoolvakansie. Krieket: Pionier speel die afgelope week teen Ferrum en St Dominic’s krieket. Die o/15-span verloor ongelukkig hierdie wedstryd met 19 lopies teen Ferrum. …

Graag wens Pionier alle leerlinge, ouers en personeel ‘n welverdiende, kort ruskans toe. Mag ieder en elk geseënd wees daar waar hul ook mag verkeer met vriende en familie gedurende die skoolvakansie.

Krieket: Pionier speel die afgelope week teen Ferrum en St Dominic’s krieket. Die o/15-span verloor ongelukkig hierdie wedstryd met 19 lopies teen Ferrum. Ferrum kolf eerste en teken 141-8 in hul 20 beurte aan. Christiaan Zietsman neem twee paaltjies vir 26 in drie beurte. Pionier kolf volgende en teken 121-9 aan. Dawie Conradie teken 28 lopies en Clayton Brink 20 lopies nie uit nie, aan.

Ferrum se eerstespan kolf eerste en teken 167-7 aan. Pionier kolf tweede en teken 127-7 aan. Eugene Janse van Rensburg teken 54 lopies aan. Pionier verloor dus ongelukkig hierdie wedstryd met 40 lopies.

St Dominic’s kolf eerste en behaal 169 lopies. Gavin Bosman neem drie paaltjies vir 30 lopies en Zane van Rooyen drie vir 36. Pionier kolf daarna en behaal 151-5. Gavin Bosman teken 55 lopies aan en Eugene Janse van Rensburg 48. Pionier verloor dus teen St. Dominic’s met 18 lopies.

Die krieketspan gaan die vakansie ‘n kriekettoernooi en kliniek te Eshowe bywoon. Baie sterkte, seuns!

Skyfskiet: Pionier se KZN-verteenwoordigers neem die vakansie aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deel. Baie sterkte aan al die skuts vir hierdie interprovinsiale toernooi.

Sport- en Kultuuraand: 16 Oktober vind die jaarlikse spoggeleentheid, die Sport- en Kultuuraand plaas. Ons is so gelukkig om Hennie le Roux, voormalige Springbok-rugbyspeler as gasspreker te verwelkom. Die kaartjies beloop R100 vir volwassenes en R80 vir leerlinge en kinders. Hierdie kaartjie sluit ‘n ete in. Kaartjies kan by die skoolkantoor gekoop word.

Sekretaresse ete: Hierdie jaar was dit Pionier se beurt om die omliggende skole se sekretaresse te bederf met Sekretaresse Dag. Die ete was gehou op 23 September by die “Tea Cup”. Ons wil vir die volgende borge baie dankie sê wat gehelp het om hierdie dag ‘n sukses te maak: Fantasy Nail and Beauty; Waltons; Natalia/Sentraal Slaghuis; Lifestyle Beauty Corner; Spur; Roman’s Pizza; Pic-a-Frame; BKB Louwid Vryheid; Pix-a-Lation; Isilulu; Cash and Carry Liquors; Junk Shop; Sweetco en Top Sport.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button