Latest NewsLocal newsNewsSchool sportSchoolsSport

Lucas Meyer Primêre Skool – Krieket- en tennisseisoen sluit af op ‘n hoë noot

MET die afhandel van die derde kwartaal aktiwiteite het LMS se krieket- en tennisspelers hul staal gewys. Cole van Rooyen teken ‘n honderdtal aan en word ook gekies vir die KZN Inlandspan. Jaco Coetzee, Jacques Erwee en Spencer Muller is beloon met vyftigtalle en Jaco Coetzee en Danie Nel neem deel aan die KZN Inlandproewe. …

MET die afhandel van die derde kwartaal aktiwiteite het LMS se krieket- en tennisspelers hul staal gewys.

Cole van Rooyen teken ‘n honderdtal aan en word ook gekies vir die KZN Inlandspan. Jaco Coetzee, Jacques Erwee en Spencer Muller is beloon met vyftigtalle en Jaco Coetzee en Danie Nel neem deel aan die KZN Inlandproewe. Tiaan Marais blink uit as bouler en ontvang ‘n trofee vir die neem van vyf paaltjies in sy wedstryd teen Monument.

LMS se skaaktrots, die De Wit- broers, neem nog deel aan die Wêreldskaaktoernooi in Durban.

Baie geluk aan Berné van Heerden, Christelle Liebenberg en Nina Terblanche wat gaan deelneem aan die Provinsiale Perderuitersport byeenkoms.

Baie dankie aan elke personeellid van LMS en verskeie ouers wat as afrigters opgetree het.

Lucas Meyer Koshuis vier Erfenisdag: In die koshuis beteken ‘n vakansiedag, in die middel van die week, ‘n koshuis vol kinders. Gelukkig was dit ook braaidag en het almal van Gr 1 tot Gr 8 gehelp met die kosvoorbereiding.

Die LMS seuns het vroeg al begin om die vure aan te steek en het ywerig vleis gebraai met die hulp van mnre Smith en Van Wyk.

Gelukkig het Matrone reeds die meeste bykosse gemaak, maar die braaivleisvuur moes ook nog sorg vir die soetigheid. Die dogters het gehelp om die balletjiesdeeg om die stokke te draai vir stokbrood, want wat is nou lekkerder as ‘n vuurwarm stokbrood met stroop?

Laastens, maar nie die minste nie, was die marshmallow-braai vir nagereg. Al die leerlinge en personeel het hierdie rusdag terdeë geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button