communityEditor's choiceNews

Hoog aangeskrewe teoloog besoek

Professor Joubert is 'n gasdosent by verskeie universiteite, en ook 'n internasionaal-gesogte spreker en outeur. Ds Nadel en die NG Dundee-gemeente is baie opgewonde oor die besoek.

Die hoog aangeskrewe teoloog, professor Stephan Joubert, sal oor die dae Oktober 17 en 18 in Dundee besoek aflê om ‘n praatjie te lewer by die NG Kerk in Willsonstraat, oor wat God se roeping vir hierdie, en ander gemeentes is.

Professor Joubert is ‘n gasdosent by verskeie universiteite, en ook ‘n internasionaal-gesogte spreker en outeur. Ds Nadel en die NG Dundee-gemeente is baie opgewonde oor die besoek. 
“Prof Joubert is ‘n moderne denker rondom die toekoms van die geestelike ontwikkeling van die kerk. Wat mense deesdae van die kerk verwag is totaal verskillend van 50 jaar gelede. Alles het verander.

Die kerk moet homself deesdae anders uitspreek as hy volledig betrokke wil wees in die lewens van die gemeentelede en die samelewing in die geheel.” Professor Joubert sal ‘n voorlegging lewer by ‘n driegang-maaltyd by die kerksaal in Willsonstraat, die aand van Oktober 17. Kaartjies is by die kerkkantoor beskikbaar, en kos R120. Daar sal tyd beskikbaar gemaak word vir ‘n vraag-en-antwoordsessie. Professor Joubert sal ‘n vergadering vir NG Kerklede op Saterdagoggend by die kerk te woord staan. “Hierdie is opwindende tye vir die Christelike kerk, en ons sal graag wil sien dat soveel moontlik aan boord kom,” het Ds Nadel gesê.


Stephan Joubert in sy eie woorde:


“My grootste vreugde is om die Here lief te hê en om mense in en om die kerk op vars nuwe maniere te dien. Die aardse liefde van my lewe is my fenomenale vrou, Marietjie, asook my twee dogters, Elani en Tarien, en my skoonseun Pierre. Ek is ‘n voltydse student van die Woord, asook van mense, goeie boeke en sommer net van die lewe self. 
“My daaglikse leef-en-speelruimte begin by ‘ekerk’, ‘n virtuele geloofsgemeenskap wat mense regoor die aarde deur ‘n digitale bediening en konkrete noodprojekte bereik. Tussendeur is ek verbind as deeltydse leraar aan Pierre van Ryneveld Gemeente. Ook is ek met opleiding en prediking betrokke by ‘n paar ander gemeentes, insluitendemosaiek, kerksondermure en moreletapark.
“Hiermee saam is ek ook ‘n Buitengewone Professor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat en die Universiteit van Noordwes, asook ‘n Navorsingsgenoot (‘Research Fellow’) in Teologie aan die Radboud Universiteit te Nijmegen in Nederland.

As skrywer is dit ‘n groot vreugde om vanaf Dinsdae tot Vrydae in die  dagblad Beeld ‘n rubriek genaamd ‘Goeie Nuus’ te hanteer, asook ‘n maandelikse rubriek in ‘n Christelike tydskrif, Die Boodskap, ‘n eietydse vertaling van die Bybel saam met Jan van der Watt, is een van die mylpale in my lewe.

In 2010 is die Andrew Murray Prys toegeken vir een van my boeke getiteld Jesus: ‘n Radikale Sprong. ‘n Klompie ander Afrikaanse boeke, twee akademiese boeke in Duitsland en kort duskant 50 relatief vervelige artikels in akademiese tydskrifte het ook reeds die lig gesien. My nuutste boek, Jy Kan ‘n Verskil Maak, het so pas verskyn.”Maar die grootste lekkerte van my lewe is steeds om die Here te volg en om te sien hoe Hy mense se lewens om elke hoek en draai met Sy goedheid aanraak.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button