Latest NewsLocal newsNewsSchool sportSchoolsSport

Hoërskool Pionier – Besondere prestasies in die water

MAANDAGOGGEND het Pionier die verrigtinge afgeskop met ‘n Kerssangdiens. Die leerders het almal heerlik saam gesing en Jesus geloof omdat Hy vir ons gebore is en vir ons sondes aan die kruis gesterf het. Die volgende is aan die gebeur by Pionier net so voor die eksamen begin: Belydenis van geloof: Daar is heelwat leerders …

Pionier kortbadswem 2014 (Medium)

MAANDAGOGGEND het Pionier die verrigtinge afgeskop met ‘n Kerssangdiens.

Die leerders het almal heerlik saam gesing en Jesus geloof omdat Hy vir ons gebore is en vir ons sondes aan die kruis gesterf het.

Die volgende is aan die gebeur by Pionier net so voor die eksamen begin:

Belydenis van geloof: Daar is heelwat leerders wat reeds ‘n belydenis van geloof afgelê het oor die afgelope maand, asook ‘n paar leerders wie s’n nog voorlê. Ons sê baie geluk aan al hierdie leerders. Dit is sowaar ‘n groot mylpaal om te behaal.

Swem: Zululand distrik: Op Vrydag, 31 Oktober en Saterdag, 1 November het ‘n groep leerders van Pionier ons skool verteenwoordig by die Zululand-distrik swembyeenkoms. Die volgende leerders het Pionier se naam hoog gehou tydens hierdie byeenkoms: Zipho Ngubane: Hy swem die 50m vryslag en kom 12de algeheel, 50m borsslag, 50m rugslag en kom 16de algeheel. Hy swem ook die 100m vryslag. Karla Cobrinck: Sy swem 50m rugslag en verwerf goud, 100m rugslag en verwerf goud, 50m borsslag en verwerf silwer en in die 100m wisselslag verwerf sy ‘n brons medalje. Kirsten Small: Sy kom vierde in die medley aflos, vierde in die 100m rugslag, sewende in die 100m vryslag en vyfde in die 50m vryslag. Leandri Harmse: Aflos: derde en vierde plek, vyfde plek in 100m rugslag, sesde plek in 100m vryslag. Ashley Reimers: Sy verwerf brons in die 100m vryslag, silwer in die 200m IM, goud in die 200m borsslag, asook 50m vryslag (goud), 50m borsslag (goud), 50m vlinderslag (goud), 100m borsslag (goud) en 100m IM (goud). Christopher Doust : 50m vryslag (agtste), 200m vryslag (12de), 200m borsslag (vierde), 50m borsslag (vyfde), 100m vryslag (sesde) en 100m borsslag (sewende). Jaco Schutte: Hy neem deel onder die “disabled” afdeling en verwerf goud in al sy items: 50m vryslag, 50m rugslag, 100m vryslag, 100m vlinderslag en 50 meter vlinderslag. Dylan Wessels: Dylan verwerf silwer in die volgende items: 50m vryslag, 50m borsslag en 50m vlinderslag. Hy verwerf goud in die volgende items: 100m borsslag en 200m borsslag.

Puk 16 2015: Pionier gaan in 2015 deel vorm van die Puk 16 sportreeks. Hierdie pret reeks gaan gespeel word vanaf om en by Februarie 2015 tot April 2015, waar die finaal in Potchefstroom gaan plaasvind. Wedstryde gaan gespeel word teen omliggende skole. Die bepalings gaan vroeg volgende jaar bekendgemaak word. ‘n Puik vooruitsig!

Ons groet vir juffrou Inge Wasserman: Met ‘n swaar hart groet ons vir juffrou Wasserman wat in 2010 begin skoolhou het by Pionier. Sy het vir vyf jaar haar kennis en vaardighede met ons skool gedeel en ons se voorwaar tot siens aan ‘n puik onnie. Ons wens haar alle sterkte toe vir die toekoms en ons hoop sy het ‘n geseënde onderwysloopbaan vorentoe.

Eksamen: Pionier begin Dinsdag, 4 November met die graad 8 – 11 eksamen, terwyl die matrieks reeds hard besig is met hul eindeksamen. Pionier wens graag die leerders baie sterkte toe met die eksamen. Harde werk word beloon!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button