Latest NewsLocal newsLocal sportNewsSport

Vryheid Atletiekklub – Klublede klop Kaapsehoop Wedloop

DIE afgelope Saterdag het van ons klublede die lang pad aangepak na Nelspruit in Mpumalanga om daar te gaan deelneem aan die Kaapsehoop 3-in-1 Marathon. Dirk en Herma Breedt, asook Sonette Boning, het die half-marathon oor 21,1km aangepak en suksesvol voltooi. Dirk het ’n baie goeie tyd van 1h42m aangeteken, terwyl Sonette die 21,1km in …

DIE afgelope Saterdag het van ons klublede die lang pad aangepak na Nelspruit in Mpumalanga om daar te gaan deelneem aan die Kaapsehoop 3-in-1 Marathon.

Dirk en Herma Breedt, asook Sonette Boning, het die half-marathon oor 21,1km aangepak en suksesvol voltooi. Dirk het ’n baie goeie tyd van 1h42m aangeteken, terwyl Sonette die 21,1km in ‘n tyd 2h30m en Herma dit in ‘n tyd van 2h56m afgele het. Dit was die eerste keer in omtrent 15 jaar dat Herma ’n halfmarathon aangepak het. Baie geluk, Herma.

Met marathon oor 42,2km, het Paula Smal ‘n baie goeie tyd van 3h39m aangeteken, terwyl Ingrid Klingenberg haar tweede marathon in ‘n mooi tyd van 4h18m afgelê het. Barbara Dicks was kort op haar hakke en het ‘n tyd van 4h22m aangeteken. Baie geluk aan al hierdie klublede en baie dankie dat julle ons klub se naam hooggehou het.

Van ons klublede is tans besig om hard voor te berei om op 29 November aan die baie moeilike Sani Stagger wedloop oor 21,1km/42,2km te gaan deelneem. Baie sterkte aan julle almal.

Volgende Vrydag, 14 November, vind die klub se jaareindfunksie en prysuitdeling plaas. Dit gaan die vorm van skaapbraai aanneem en dit beloof om ’n heerlike geleentheid te wees. Kaartjies kos R60-00 per persoon en kan by een van die komiteelede gekoop word voor of op 9 November.

Alle lede word ook daaraan herinner dat die klub se Algemene Jaarvergadering op Donderdag, 20 November, by die klubhuis plaasvind. Nominasievorms vir komiteelede is by die klubhuis beskikbaar.

Vanaand vind die weeklikse tydtoets om 5:30nm plaas vanaf die klubhuis by Hoërskool Pionier se Sportterrein waarna daar soos gebruiklik heerlik saam gebraai sal word. Enige persoon, of jy ’n klublid is of nie, is welkom saam te kom draf of stap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button