Nuwe Republiek Skool – Mev Coetzee tree af
NUWE Republiek Skool het verlede Vrydag met groot waardering van mev Drika Coetzee afskeid geneem. Sy het op 31 Oktober afgetree ná 43 jaar in die onderwys, waarvan sy die afgelope 19 jaar by NRS was. Mev Coetzee was departementshoof van die Intermediêre Fase. Afgesien van die akademie, was sy by verskeie kultuur- en sportaktiwiteite …

NUWE Republiek Skool het verlede Vrydag met groot waardering van mev Drika Coetzee afskeid geneem.
Sy het op 31 Oktober afgetree ná 43 jaar in die onderwys, waarvan sy die afgelope 19 jaar by NRS was.
Mev Coetzee was departementshoof van die Intermediêre Fase. Afgesien van die akademie, was sy by verskeie kultuur- en sportaktiwiteite betrokke. Sy was ook die skool se SAOU-voorsitter.
NRS sal haar onthou vir die integriteit waarmee sy in moeilike situasies opgetree het. Ons sal beslis haar sprankelende geaardheid, uitgesprokenheid en humorsin mis.
Mev Coetzee, geniet u aftrede en die beplande rondreis!
NRS congratulates all our ex-pupils on their election as prefects of their respective high schools. Zime Ndlela was elected as deputy headgirl of Vryheid High School, while Nama Xaba is the new headboy of Glenwood High School. NRS is proud of these leaders and wish them well for their task in 2015.
Dates to remember:
November 10-21 – Exams (Gr 4-7)
December 2 – Gr R Graduation ceremony
December 2 – Gr 1-3 Prizegiving
December 3 – Gr 4-7 Prizegiving
December 5 – Internal Prizegiving for fourth term




