Lucas Meyer Primêre Skool – Reading Rocket en Ruitersportleerlinge blink uit
DIE GR R ouers en belangstellendes se harte het geswel van trots met die gr R’e se optrede saam met mev Carin Lombaard tydens hul gradeplegtigheid. Mev René de Villiers het hul diplomas aan hul oorhandig. Mnr Ferdie de Villiers en mnr John Kitching het die opening, verwelkoming en bedankings gedoen. Die gr R-personeel, mev …

DIE GR R ouers en belangstellendes se harte het geswel van trots met die gr R’e se optrede saam met mev Carin Lombaard tydens hul gradeplegtigheid.
Mev René de Villiers het hul diplomas aan hul oorhandig. Mnr Ferdie de Villiers en mnr John Kitching het die opening, verwelkoming en bedankings gedoen. Die gr R-personeel, mev Lydia Moolman en mej Lynelle Solms, het hul puik van hul taak gekwyt as opvoeders en ons gr R-leerlinge is gereed vir die groot skool.
Reading Rocket Toekennings: Baie geluk aan die volgende leerlinge wat die toppresteerders is met die rekenaarleesprogram, Reading Rocket. Gr 3: Nina Coetzee; Gr 4: Anika Smit en Adrian Vosloo. Topprestasie Gr 4: Iancke Symington. Gr 5: Marcus le Roux en topprestasie gr 5: Ger-Mari Kruger. Gr 6: Larisa Prinsloo; Cayla Putter en topprestasie gr 6: Juanre Botes.
Ruitersportprestasies: Bernè van Heerden is gekies vir die KZN A en B-span ruitersport. Baie geluk aan Christelle Liebenberg en Nina Terblanche wat vir die Mpumalunga-span gekies is. Al drie ruiters is gekies om deel te neem aan die SA Nasionale Skole Perdry-Kampioenskappe. Baie geluk met jul puik prestasies. Hul ontvang ‘n sertifikaat van LMS, asook ‘n kontantbedrag.
Koshuisete uit die boonste rakke: Die Masterchef- en Kokkedoorkokke kan gaan slaap as matrone Elsa, Lettie en die werkers van die koshuis hul kersete voorsit vir die koshuisleerlinge en personeel. Mnr Rudi van Wyk en die laerskoolleerlinge het ‘n pragtige kersspel gelewer. Almal het natuurlik persente gekry. Die hoërskoolprefekte het die program gelei tydens die ete. Baie dankie mnr en mev Smith en al die diensdoende personeel vir ‘n lang jaar se onbaatsugtige diens aan die koshuis.
Kalender
7 November – Fase 1 Akademiese Toekennings
10 November – Algemene Jaarvergadering




